
'n Dieretuin in die Duitse stad Dresden, moes die naam van een van hulle ape verander van 'Obama' na 'Okeke' nadat 'n swart groep gewaarsku het dat die oorspronklike naam 'n rassistiese belediging impliseer. Die nuutgebore aap is in Maart na die Amerikaanse president Barack Obama vernoem.
"n Woordvoerder van die Dresdendieretuin sê die naam is nou amptelik verander en is so bevestig op 'n Engelstalige webtuiste bekend as The Local. Obama het Dresden verlede maand, in Junie, besoek.
Tahir Della van die Inisaitief vir Swart Duitsers (ISD) het gesê "Swart mense word deurlopend gekonfronteer met assosiasie met die diereryk en die primitiewe."
Die dieretuin sê hulle kies die name vir nuutgebore diere om in dieselfde jaar almal met dieselfde letter te begin. In 2009 is dit die letter O en die opsigter het gedink 'Obama' sal 'n positiewe eerbewys aan die Amerikaanse president wees.
Aanvanklik het die dieretuin nie ag geslaan op kritiek teen die naam nie, maar toe uiteindelik bes gegee.