Een kritiek nadat polisie rubberkoe?ls in Khayelitsha gebruik

Deel op
Een persoon is in ‘n kritieke toestand nadat die polisie Dinsdagaand met rubberkoeëls op betogers in Khayelitsha geskiet het.

”Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en metro-polisie het op meer as 15 mense met rubberkoeëls geskiet tydens gister se betogings. Een persoon is in ‘n kritieke toestand in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad,” het die AbahlalibaseMjondolo-inwonersvereniging in ‘n verklaring gesê.

Volgens die verklaring het die protesaksie oor swak dienslewering gehandel.

Konstabel Mthokozisi Gama van die SAPD het gesê die polisie moes rubberkoeëls teen die betogers gebruik om die protesaksie onder beheer te bring.

Gama het ook gesê geen beserings is gerapporteer nie. Betogers het motorbande aan die brand gesteek en lede van die polisie met klippe bestook. Die groep het ook ‘n Golden Arrow-bus aan die brand gesteek, het Gama gesê.’n Saak van kwaadwillige saakbeskadiging is aanhangig gemaak, maar niemand is nog tot dusver in verband met die saak in hegtenis geneem nie.

Die N2 tussen Spineweg en die Mew Way-afrit in die rigting van Kaapstad is Dinsdagaand tussen 21:30 en 22:15 vir verkeer gesluit. ’n Fotograaf van Die Burger, wat op die toneel was, het gesê ’n petroltenkwa het net-net ongedeerd daarvan afgekom nadat dit sowat 50 m van die brande in die stilstaande verkeer vasgevang is.

водопады домашниеАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.