Britte laat vaar dwelmklagte teen SAL-span

Deel op

Op een uitsondering na, is alle dwelmklagtes teen die 30 spanlede van SAL wat in twee dwelmvoorvalle by die Heathrow-lughawe in Londen aangekeer is, laat vaar. So het die lugredery gister gesê.

Deel op

Die Britse owerheid het formeel bevestig dat hulle geen verdere stappe teen die werknemers van SAL gaan neem nie, het 'n SAL-woordvoerder, Robyn Chalmers, gesê.

Die enigste uitsondering is die vorige vlugkelner van SAL, Mmatshuma Matlhara, wat in Suid-Afrika gearresteer is ná haar terugkeer uit die VK en wat van dwelmhandel aangekla is, ná 'n wenk van 'n veiligheidswag.

Die veiligheidswag, Pulane Hlahane, 43, en Matlhara, 35, het verlede maand in die Kemptonparkse landdroshof verskyn. Hulle het R5000 borgtog ontvang.

Hlahane het na bewering vir Matlhare van ekstra veiligheidsetikette voorsien sodat sy met ekstra bagasie vol onwettige middels kon reis.

Die eerste groep kajuitpersoneel van SAL is in Januarie in hegtenis geneem nadat 50 kg dagga en 4 kg kokaïen in hul bagasie gevind is. Die tweede groep is in Februarie aangekeer toe 5 kg kokaïen in hul tasse gevind is.

Chalmers het gesê die Britse owerheid het aangedui dat hulle die reg voorbehou om die saak teen enige individu te heropen indien nuwe getuienis na vore sou kom.

липецк опциитопкарго кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.