Rowers stroop gestrande bakkie van onderdele

Deel op

ImageTwee mans wie se bakkie in Dutywa gaan staan het, is deur rowers van onderdele beroof, het die Oos-Kaapse polisie Dinsdag berig.

Deel op

Kaptein Jackson Manatha het gesê die twee mans was Maandagaand besig om aflewerings in Butywa te doen en was van Kokstad na Oos-Londen op pad. Hul bakkie het rondom 11 nm. gaan staan.

"Terwyl hulle vir die insleepvoertuig gewag het, het drie mans aangekom en die voertuig van twee deure, wiele en ander onderdele gestrooop."

Manatha het gesê een van die rowers het 'n vuurwapen gehad en twee was met messe bewapen.

Hulle het die mans aan bome vasgemaak maar het hulle nie andersins seergemaak nie, alvorens hulle van die toneel verdwyn het.

Uiteindelik het die mans daarin geslaag om hulself los te maak. Een van hulle het in die bosse gaan wegkruip terwyl die ander hulp gaan soek het.

Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

'n Saak van roof met verswarende omstandighede is geopen.

local business internetАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.