Afrikaner bevind hom weer in die 1930s

Deel op

Die Afrikaner bevind hom vandag met dieselfde taalprobleem as in die dertigerjare toe jy in besighede soos die OK Basaars, Greatermans, jou handelsbanke (voor Volkskas) en talle fabrieke geen bediening ontvang het as jy nie Engels gepraat het nie. Jy kon blou in die gesig of grys word, maar jy sou wag totdat jy skaamteloos jou geradbraakte Engels praat om bedien te word. Dít ten spyte van Afrikanerdogters wat jou moes bedien en wat nes vandag terwille van selfbehoud gelate daaraan moes meedoen.

Deel op

Maar die toentertydse Afrikaner was trots en beneuk in die goeie sin van die woord. Tuis en op skool is jy van jou Afrikanerskap bewus gemaak. Praat jou taal en as daar nie geluister word nie, stap uit en gaan koop iewers anders. Hierdie beginsel is sedertdien eie aan my benadering. As ek enigsins uit sy of haar uitspraak aflei dat die persoon wat my bedien nie ‘n Afrikaner is nie, konfronteer ek daardie persoon openlik met die vraag: Praat jy Afrikaans? Indien nie, moet hy of  sy iemand gaan vind wat my in my taal sal bedien of anders lui ek af en soek ‘n ander firma wat dit wel kan doen. Destyds het selfs ons kerke vanaf die kansel meegehelp om trots op ons Afrikanerskap te kweek.  So het daar ‘n Afrikanerkorps met leiers in alle vertakkings van die samelewing ontstaan.

Die Afrikaners se pennies en tiekies is versamel in Federale Volksbeleggings. Nuwe Afrikanerbesighede het ontstaan: Volkskas, Sanlam, om maar enkeles te noem. Die Afrikaner kry sy Bybel in sy eie taal. Sy skrywers en digters beweeg weg van die Hollandse en kom onder die indruk van die ellende van die Afrikaner. Die Afrikaner se letterkunde lewe in al sy mooiheid. Tussen hakies, dink u daardie Afrikaners sou hulle Herzogprys na die buiteland laat gaan? Aikôna ! Al was dit ook ‘n Vondel of 'n Shakespeare.

Ek stem volkome saam, die Afrikaner staan by die kruispad. ‘n Keuse moet gemaak word. Dis maklik as jy glo… Geloof maak jou trots op dít waaraan jy glo. Glo die Afrikaner nog en is hy trots op sy Afrikanerskap met alles wat dit behels? Geloof gee ook wysheid omdat jy die beste sal kies terwille van dít waaraan jy glo. Boonop sal jy diskrimineer. Die Egiptenare sou nooit Israeliete word nie. Selfs vandag toi-toi ‘n Israeliet nie saam met die Palestyne nie.

Wees beneuk wat jou Afrikanerskap aanbetref. Ons het niks om oor skaam te wees nie. Ons is nie ‘n volk van diewe en moordenaars nie. Bedrieërs en geldsugtiges is ons sekerlik nie. Apartheid was nie ‘n skande nie. Soort soek altyd soort en sorg vir eie soort, al gaan jy waar. Is die apartheidsbeleid van die huidige regering dan eerbaarder? Sorg hy nie ook maar vir sy eie mense tot uitsluiting van die ander nie?

Ons moet hande vat. Ongelukkig sal ons weer soos destyds van vooraf moet begin, ons sente en rande bymekaarskraap en ‘n nuwe Afrikanervolksbeleggings in die lewe roep. Verstand ontbreek nie by die Afrikaner nie, dis net die trots en beneuktheid en die geloof.

Of is dit dalk vrees wat ons klein en benepe maak?

современные потолочные светильникиалександр лобановский супермаркет класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.