Afrikaans: radikale optrede is nou nodig

Ek lees die pessimistiese skrywe van Dan Roodt, Wil die Afrikaner nog veg vir Afrikaans?, wat meer waarhede bevat as baie van die linkse media saamgevoeg en 'n tydige dokument verteenwoordig.

Daar is baie geskryf en gedebatteer oor 'n volkstaat, die moontlikheid of dit kan werk en ook waar dit moet wees en of dit ons enige hoop bied om ons kultuur, taal en volk te beskerm. Nou ek is geen voorstander van hierdie idee nie, maar ek gaan dit ook nie as 'n mislukte idee afmaak nie.

Die gedagte dat ons moet veg vir Afrikaans in elke sfeer van die samelewing en die feit dat die pogings geen vrugte afwerp nie het my laat besef dat ons aksies meer radikaal moet wees. Nou hiermee sê ek nie ons moet onsself soos Moslemselfmoordenaars opoffer nie maar ons sal daadwerklik aan radikale idees moet merk om ons merk te maak en om te verseker ons beskerm dít was vir ons belangrik is.

Of mis ons die punt, moet ons nie maar boedel oorgee nie? Het ons nie alreeds te veel verloor dat daar geen terugkeer is nie? Het ons nie al juis 'n besluit gemaak dat dit te laat is en dat enige optrede futiel is nie? Het die linkse media ons nie alreeds met hul propaganda en voete-was-skuldgevoel laat boedel oorgee nie? En is dit nie nou net die laaste onwillekeurige stuiptrekking wat ons nog hier laat skop nie?

Daar is egter een ding wat ons nie uit die oog moet verloor nie: die wêreld se hulpbronne is beperk en Suid-Afrika is nie immuun teen hierdie tekort nie. Soos die finansiële krisis nou mooi bewys het, is ons almal maar deel van een globale gemeenskap. Ek is geen doemprofeet nie, nog minder 'n pessimis; eerder 'n realis en die xenofobie wat verlede jaar opgevlam het, het my laat besef dat ons as blankes baie naby aan daardie kategorie van "uitlanders" in die oë van die massa verkeer. Hulle word male sonder tal deur die linkses se propagandamasjien vertel dat ons nie in SA hoort nie.

As ons onsself later in die posisie sal bevind waar ons moet meeding om basiese hulpbronne soos water en voedsel dan gaan ons met hierdie massa te doene kry en ons weet waar dit kan eindig. Rwanda, Soedan, Zimbabwe, ensovoorts, is goeie voorbeelde, om nie te praat van die gebeure in Gauteng gedurende Mei 2008 nie. Wanneer mededinging om skaars hulpbronne eers aanbreek en die massas op ons toesak – met die polisie en die weermag onder die beheer van die regering en die propagandamasjien – weet ek waar ek eerder sal wil wees.

Nou wat is my punt nou eintlik? Terug by die volkstaatidee.

Die gebrek aan beplanning wat tans in SA heers, moet ons tot ons voordeel benut, hoe ons dit moet doen is nie deel van die brief nie maar ons moet dit dringend aanspreek. Ons beskik oor die vermoë, ons het dit reeds tevore gedoen, om na onsself om te sien en die idee van 'n volkstaat in die ooste van Pretoria is dalk nie so verregaande soos wat baie mense dit afmaak nie. Hier kan ons onsself regeer en ons kan onsself teen moontlike etniese konflikte rondom hulpbronne in die toekoms beskerm . Ja, ek weet dit klink soos die doemprofete van ouds maar dit sal dom van ons wees om hierdie moontlikheid te ignoreer.

Dit is 'n kwessie van tyd, dalk nie in ons leeftyd nie, maar dit gaan aanbreek. As ons nie nou al moontlikhede oorweeg en oplossings soek nie, dan gaan Afrikaans ons nie veel help nie. Hierdie kwessie strek veel dieper as 'n taalstryd. Radikale optrede is nou nodig; daar is maar sekondes voor twaalfuur oor.

Метро Текстильщики теннисФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.