Chinese maatskappy gaan fabriek in SA oprig

Deel op

Image

‘n Chana-motor (nie noodwending in SA beskikbaar nie)

Die Chana-motormaatskappy, 'n Chinese staatsbeheerde voertuigvervaardiger, gaan VS$80 miljoen (omtrent R662,4 miljoen) in Suid-Afrika belê, berig Business Report Dinsdag.

Dit gaan binne die volgende vyf jaar gebeur soos wat die maatskappy 'n produksiefasiliteit met 'n jaarlikse kapasiteit van meer as 50 000 eenhede oprig, berig die koerant.
Deel op

Jang Kieng, die algemene bestuurder van Chana Internasionale Korporasie, het aan Business Report gesê dat die belegging, wat 1 000 werksgeleenthede gaan skep, in drie fases opgerig gaan word.

Die vestiging van 'n monteringsaanleg sal die finale fase wees, as Chana 'n vierpersentmarkaandeel van die plaaslike mark bereik het, het hy gesê.

Tony Twine, 'n motornywerheidsontleder en direkteur van Econometrix, het gesê dit sal die eerste belegging in 'n nuwe motormonteringsaanleg in Suid-Afrika oor die afgelope 40 jaar wees.

Ander fases van Chang se belegging sluit die oprigting van 'n maatskappy om Chana-verkope in Suid-Afrika aan te moedig in, asook 'n motorfinansieringsmaatskappy met strategiese vennote in die vorm van China Construction Bank, Absa en Wesbank.

Volgens Business Report, betree Chana die Suid-Afrikaanse mark in 2006 via Abrina, 'n plaaslike invoer- en verpreidingsmaatskappy.

"Tot op hede is ongeveer 7 000 Chana-voertuie in die plaaslike mark verkoop," het die verslag gesê.

Chang is China se vierde grootste voertuigvervaardiger.

Die maatskappy het nog nie die ligging van die monteeraanleg bepaal nie, word berig.

Iqbal Sharma, die adjunkdirekteurgeneraal by die departement van handel en nywerheid, is aangehaal waar hy sê dat die belegging deur Chana 'n mylpaal in die verhouding tussen Suid-Afrika en China verteenwoordig.

липецк очисткаФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.