Rio Tinto het glo staatsgeheime gesteel

Deel op
Vier werknemers van Rio Tinto wat deur die Chinese veiligheidsministerie aangehou word, word daarvan beskuldig dat hulle staatsgeheime gesteel het wat verband hou met prysdata.

Die vier het glo amptenare by Chinese staalgroepe omgekoop tydens Rio Tinto se jaarlikse ystererts-onderhandelings met die Chinese staalsektor.

“Bevoegde owerhede kan bewys hulle het staatsgeheime gesteel en China se ekonomiese belange en sekuriteit groot skade berokken,” het Qin Gang, ’n woordvoerder van die Chinese departement van buitelandse sake, aan Reuters gesê.

Rio Tinto se Australiese erts is vir China ’n belangrike bron van staal, maar volgens Qin sal dit nie handelsbetrekkinge met Australië belemmer nie. China is Australië se grootste handelsvennoot.

Stern Hu, Australiese hoof van Rio Tinto in Shanghai, is Sondag saam met drie Chinese kollegas in hegtenis geneem en Australiese diplomate is aanvanklik toegang tot Hu geweier.

Die insident volg nadat Australiese politici en vakbonde hulle verlustig het in anti-Chinese uitsprake oor ’n vroeëre poging deur die Chinese staalgroep Chinalco om ’n aansienlike belang in Rio Tinto te bekom.

thunderstruck wordsлобановский александр жена

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.