Suid-Afrika weer by Derdepoort

Deel op

ImageSoos Helen Zille, is daar menige blanke mense wat glo dat Suid-Afrika waarlik ’n vreedsame, nie-rassige land van melk en heuning kan word.  Dit hoor en sien ons ook by elkeen wat nie glo dat die swart kultuur ligjare verwyderd staan van die blanke ras s’n nie; wat nie verstaan dat wit nie swart durf vertrou nie en daarom nooit suksesvol sal kan saamwerk of -woon nie.  Dit bewys maar net dat die meeste wit mense nie hulle geskiedenis ken nie.  Vir hulle sal die verrassingselement net so groot en net so fataal wees soos vir die talle goedvertrouendes in ons geskiedenis. 

Onthou u die wreedheid by Derdepoort in 1899 toe die ‘goeie verhouding’ wat die boere met die Bagatlastam gehad het, blitsvinnig omgeswaai het na onmenslike moorde op die blanke inwoners daar? Dit het die Britte nie veel moeite gekos om die Bagatlas om te haal om die boere en polisie uit te moor nie. Kom ons leer weer uit daardie stukkie geskiedenis:

Deel op

Om die Transvaalse noordwestelike grens langs die distrikte Rustenburg en Marico behoorlik teen ’n vyandelike aanval te beskerm, is daar op 9 Oktober 1899 ’n sterk afdeling Rustenburgers onder bevel van kommandant Casper du Plessis te Derdepoort gestasioneer. Tot 25 November was daardie boere oortuig dat die opperhoof van die Bagatlastam, Linchwe, hulle goedgesind was, Linchwe wie se hoofstat, Mochudi, geleë was tussen die Limpopo- en Notwaniriviere.

Op 31 Oktober het ’n patrollie van 17 manne onder leiding van polisiekommandant Riekert selfs in Mochudi oornag waar hulle baie gasvry deur Linchwe onthaal is.  Riekert het tydens hierdie tog met verskeie ander kapteins van die Bagatlas gepraat en die indruk gekry dat die boere langs die Transvaalse wesgrens niks te vrese het nie omdat die Bagatlas neutraal sou bly in die stryd teen die Engelse.  Selfs president Paul Kruger het geglo dat hulle betroubaar genoeg is en gereël dat Linchwe met sy volk teen Khama moes optrek indien die Bamangwato’s, wat vroeg in die Anglo-Boere-oorlog ’n vyandige houding jeens die boere ingeneem het, weer moeilikheid sou maak.

Al wat dit die Britte gekos het om Linchwe teen die boere te laat optree, was ’n groot voorraad ammunisie aan die Bagatlas om “Linchwe se volk teen die boere te beskerm”. Verder het die Engelse die steun van Segale, halfbroer van Linchwe wat self in stryd met sy broer was vir opperhoofskap van die Bagatlastam, gewerf.  Ook is ’n sekere kaptein Griffiths na Linchwe gestuur om hulle te wys op die noodsaaklikheid om hul grense en statte te beskerm deur al die boere uit hul gebied te dryf, kwansuis omdat die lojaliteit van die kapteins gemeet sou word aan hulle ywer om Haar Majesteit die Koningin se gebied te beskerm. Daarmee het Linchwe se goeie gesindheid teenoor die boere soos mis voor die son verdwyn!

Van die skielike vyandskap het die boere by Derdepoort niks geweet nie en was hulle slegs op hulle hoede vir Nicholson se troepe. Toe generaal Snyman aan kommandant Du Plessis op 4 November opdrag gee om die grootste deel van sy manskappe by Gaberones te gaan vestig, het net sowat 100 burgers by Derdepoort oorgebly.

Op 22 November begin die Britte toe met Linchwe en Segale asook die assistent-magistraat van die destydse Betjoeanaland, die heer J Ellenberger, beplan om die aanval op Derdepoort ’n sukses te maak. Op Vrydag 24 November vertrek die gedugte sameswering vanaf Motchudi met ook 130 berede troepe, 10 fietsryers en ’n maxim na Derdepoort, en later sluit Segale met sy impi van 500 man aan.

By Derdepoort is die walaer deur 100 burgers van die kommando Rustenburg beman terwyl die inwoners van die dorpie Derdepoort ongeveer ’n kilometer noord in verskeie geboue gehuisves is.  Daar was ook ’n polisiekantoor, twee winkels en ’n skooltjie.  Niksvermoedend het hierdie mense die nag van Vrydag 24 November 1899 tegemoet gegaan, so ook die 100 burgers in die walaer.  Ongeveer ’n uur voor dagbreek het die Britte en impi’s die rantjies langs die Marico bereik.

Met dagbreek bulder die maxim almal by die walaer wakker, knetter die Engelse se Lee-Metfords en die Bagatlas se Martini-Henry’s, en weerklink die demoniese krygsgeskreeu van die impi’s. Die verbouereerde burgers het in alle rigtings gevlug terwyl die barbare ’n paar van hulle wreedaardig om die lewe gebring het, dog die meeste het daarin geslaag om te ontkom. Op bevel van kommandant Kirsten het die boere op twee rantjies weerskante van die laer posisie ingeneem en die wêreld ook vir die Britte en hul maxim so warm gemaak dat hulle en die swart barbare om 10:00 finaal geretireer het.

’n Groot aantal van die krygers het egter koers gekies na die huise van Riekert, die winkel van die heer Pieters en die woning van Early, die fotograaf.  Pieters se winkel en woonhuis is geplunder, mev Pieters is summier doodgeskiet en haar man is saamgevoer deur die rivier na die statte toe. Toe die skreeuende barbare op die polisiestasie en woonhuis van Riekert toesak, is dit sonder meer geplunder en afgebrand.  Die paar polisiemanne wat hierop na die laer probeer hardloop het vir hulp, is deur die swart barbare omsingel en doodgemartel waarna hulle liggame in ’n gruwelik verminkte toestand agtergelaat is. 

By een van die woonhuise het vyf polisiemanne ’n aantal vroue en kinders probeer beskerm totdat al hulle ammunisie opgeskiet is.  Daarna het mev JJ Potgieter ’n stuk laken aan ’n riet vasgemaak om as wit vlag op te steek, maar telkens is die riet in haar hand stukkend geskiet.  Totaal omsingel en radeloos hardloop die vroue en kinders toe hulle vyand tegemoet om genade te gaan smeek, maar die skote bly op hulle reën waartydens die seuntjie van Paul Potgieter, asook mev Potgieter, gewond is.  Nadat hulle gevange geneem is, het die honende marteltog begin waarin hierdie sestien vroue en kinders vir vier dae soos diere mishandel en aangejaag is, sonder voedsel of water.  Die genade was groot toe hulle die Dinsdagmiddag deur luitenant Surman na Mochudistasie geneem is waar daar oor hulle lot besluit sou word.

Vandag staan Suid-Afrika weer by Derdepoort en kan ons na ons eie Bagatlas (die ANC en sy meelopers) verwys wat met omkopery en breinspoeling deur die internasionale geldmagte beheer word.  Intussen is die blanke inwoners in hierdie land, en veral die Afrikaners, steeds die teiken vir uitwissing en uitdrywing oor grense as gevolg van enersyds goedvertrouendheid, en andersyds verraad. Hoeveel maal moet die geskiedenis herhaal word voordat die werklikheid finaal inslag vind?

21 and overЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.