Britte vlug van diversiteit in skole

Deel op
Wit ouers haal hulle kinders uit skole uit wanneer hulle getalle deur etniese minderhede oorheers word, volgens 'n verslag wat die groeiende segregasie by Britse skole onder die loep geneem het.

Die Institute of Community Cohesion, oftewel iCoCo wat in 2005 op die been gebring is, het 13 plaaslike areas bestudeer in plekke soos Bristol, Bolton, Sunderland, Oldham en Blackburn. Die studie het bevind dat ouers van alle etniese groepe skole waar een kultuurgroep oorwegend was, verkies het.

Die verslag het getuienis van wit uitvlug in groot getalle aangehoor. Wit middelklas ouers verkies om hulle kinders uit gemengde skole te haal omdat hulle nie wil hê die kinders moet uitstaan by die skool nie, sê die opstellers.

"Ouers verkies die veilige opsie, waar kinders van dieselfde agtergrond teenwoordig is," is die gevolgtrekking van die studie.

Nick Johnston, een van die outeurs van die verslag en 'n beleidmaker by iCoCo, sê die neiging het die afgelope jare toegeneem. Hy het voorgestel dat rade van 'n lotery gebruik maak om diversiteit in skole te bevorder sodat ouers die keuse ontneem word om hul kinders na monokulturele skole te stuur.

Die verslag het bevind dat leerders van verskillende rasse nie eens met mekaar sosialiseer selfs al deel hulle klaskamers en speelgronde nie.

ремонт принтеров brother в москвеФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.