Kliniek, biblioteek afgebrand

Deel op

Ontstoke inwoners van Lydenburg se Mashishinglokasie in Mpumalanga het motoriste oor die naweek onder klippe gesteek en 'n kliniek afgebrand, het die polisie Maandag bekend gemaak.

"Die kliniek is Sondagaand deels in 'n brand verwoes. Dit is die enigste kliniek in die gebied," het kaptein Leonard Hlathi gesê.

Hlathi het gesê inwoners het die pad na Burgersfort versper en verbygaande motoriste met klippe bestook.

Meer as 70 mense is sedert die geweld Saterdagaand uitgebreek het in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die plaaslike hof verskyn.

"Ons hou steeds die gebied fyn dop," het Hlati gesê.

'n Biblioteek en hostel is ook Sondag afgebrand. Die huis wat aan die burgemeester se suster, Clara Ndlovu, behoort is ook in ligte laaie gelaat.

Inwoners beskuldig plaaslike munisipale bestuurder Isaac Moshoadiba en burgemeester Ndlovu van wanbestuur wat verband hou met die verdwyning van R3,2 miljoen uit die munisipaliteit se bankrekening.

Die inwoners het verder gekla oor die gebrek aan dienslewering en het verlede maand 'n memorandum aan Ndlovu se kantoor oorhandig.uk casinoАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.