Pad by Diepsloot weer oopgestel na oproer

Deel op
Paaie en deurpaaie naby Diepsloot, Johannesburg, is Maandagoggend veilig vir motoriste verklaar deur 'n polisiewoordvoerder. Dit volg nadat geweld oor die naweek weer uitgebreek het in die lokasie.

Polisiewoordvoerder kaptein Bonginkosi Msimango het gesê: "Alles was kalm gedurende die nag, maar 'n sterk polisieteenwoordigheid is in plek in die gebied." Honderde inwoners het Sondag paaie versper en motors asook die polisie met klippe bestook. Die motor van ’n SAUK-joernalis is uitgebrand, volgens wat Beeld berig.

Msimango het gesê die inwoners het na 'n vergadering wat 10 uur die oggend begin het, verdaag en begin amok maak. 'n Polisievoertuig is uitgebrand nadat twee polisievoertuie onder klippe gesteek is. 'n Dik rookkolom het gister oor die gebied gehang.

Ten minste 14 mense is weens openbare geweld in in hegtenis geneem en die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak om die oproeriges uiteen te jaag.

Die Johannesburgse metropolisie het die R511 teen omstreeks 16:30 Sondagmiddag moes sluit omdat dit nie meer veilig was vir motoriste nie. Teen skemer het die metropolisie motoriste steeds afgeraai om die pad te gebruik.

Die betoging volg op ’n soortgelyke een verlede Sondag toe sowat 1 000 inwoners nie hulle krotte wou skuif na ’n ander deel van Diepsloot nie.

светотехника воронежФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.