Swart boere immuun teen Landbankterugnames

Deel op

ImageDie Landbank neem feitlik geen plase terug van swart boere wat nie hul lenings terugbetaal nie. Hierteenoor word streng kredietbeheer teen wit boere toegepas.

Oor die afgelope tyd is 25 plase deur die Landbank opgeveil, maar slegs 5 daarvan het aan swart boere boere behoort.
Deel op

Maar volgens ingeligte bronne is daar "honderde swart boere" wat nie betaal nie en wie se plase tans aan regsoptrede blootgestel is. Die uitvoerende hoof van die Landbank, Phakamani Hadebe, beweer dat die bank R100 miljoen per maand weens hierdie wanbetalings verloor en waarskynlik binne drie jaar bankrot sal speel indien daar nie weer staatshulp kom nie.

Sowel Hadebe as die waarnemende voorsitter van die bank, prof. Herman van Schalkwyk, is bekommerd dat die Landbank se reputasie weereens 'n knou kan kry indien die skuld van swart boere nie ingevorder word nie. Ander banke in die privaatsektor sal nie meer bereid wees om daarmee sake te doen nie en die Landbank se skuldbriewe sal ook nie meer deur beleggers aangekoop word nie.

Die Landbank was die afgelope jare in die nuus weens die wanbestuur en korrupsie wat tot onlangs gegeld het nadat dié apartheidsinstelling, wat boere geslagte lank gedien het, onder transformasiebestuur gekom het.

Politieke druk op die Landbank om die rasprofiel van sy kliënte by invorderings in ag te neem, word deur die ANC-voorsitter van die portefeuljekomitee vir landbou in die parlement, mnr. Lulu Johnson, toegepas. Johnson het gevra dat daar weer 'n moratorium op die terugname van swart eienaars se grond ingestel moet word. Vanaf 2002-2005 het daar sulke moratoriums op die grond van swart eienaars gegeld.

Die Landbank meen nou dat die bank nie "sy politieke mandaat as ontwikkelingsbank" kan nakom sonder geld wat deur die parlement voorgeskiet word nie. Maar Nhlanhla Nene, die adjunkminister van finansies, het geensins te kenne gegee dat sulke hulp tans oorweeg word nie.

Die Landbank is wetlik verplig om binne drie maande teen wanbetalers op te tree en hul eiendomme terug te neem, iets wat tans in die geval van swart leners nie gebeur nie.

'n Vergadering van die landbouminister, Tina Joemat-Petterson, Gugile Nkwinti, minister vir landelike ontwikkeling en Pravin Gordhan, die finansminister, is deur die parlementêre portefeuljekomitee aangevra om dringend die kwessie te bespreek.

casino dayАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.