Doeane-unie kan ineenstort

Deel op
Daar hang 'n wolk oor die Suider-Afrikaanse Doeane-unie nadat drie lidlande, Botswana, Lesotho en Swaziland, in Junie ’n samewerkingsooreenkoms met die EU gesluit het sonder die goedkeuring van Suid-Afrika en Namibië, die ander lidlande.

Die bedreiging wat die samewerkingsooreenkoms vir Suid-Afrika se klere- en tekstielbedryf inhou, is een van die belangrikste redes waarom Suid-Afrika nie steun daaraan wil verleen nie.

Tekstielprodukte van die EU kom deur Botswana na Suid-Afrika weens die buurland se laer invoertariewe.

Indien 'n samewerkingsooreenkoms sonder die goedkeuring van lidlande geskied, kan die unie ontbind word. Lede mag ook eensydig besluit om hulle te onttrek aan Sadu.

Lesotho en Swaziland se oorlewing hang egter van dié doeane-inkomste af. Suid-Afrika sorg vir tot 70% van hul staatsinkomste danksy die unie.

As Sadu-betalings opdroog, sal Lesotho ineenstort, sê kenners.

'n Samewerkingsooreenkoms sal kwota- en tariefvrye toegang tot die EU vir uitvoer van beesvleis, suiker, tekstiel en klere aan Botswana, Lesotho en Swaziland bied. Dié marktoegang sal egter nie voldoende wees om op te maak vir ’n verlies aan Sadu-inkomste nie.

купить недорого пальтопрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.