‘China beheer Afrika’

Deel op
Die Royal African Society voorspel dat China se beleggings in Afrika dié van Amerika teen 2010 sal oorskry.

Direkteur, Richard Dowden, het in Londen gewaarsku dat China tans die wêreldwye ekonomiese krisis gebruik om Afrika op te koop.

Hy het gesê Morgan Tsvangirai, Zimbabwe se premier, het met sy onlangse toer na Amerika en Europa net R1,2 miljard kon insamel, terwyl China aan die land 'n lening van R7,6 miljard toegestaan het.

Dowden sê ’n lening aan Zimbabwe is dieselfde as om geld onvoorwaardelik aan die mislukte regime te oorhandig en China is bewus daarvan.

“Wat hulle dus hulp, lenings of beleggings noem, is hoofsaaklik subsidies vir Chinese maatskappye om mynkonsessies te koop of om beter mee te ding met Westerse maatskappye vir Afrika se aanloklikste projekte."

Dowden meen China is besig om die politieke stryd op die vasteland ook te wen.

China en Rusland, sê hy, het 'n jaar gelede teen ’n Britse en Amerikaanse resolusie in die Veiligheidsraad gestem wat sanksies teen Mugabe en ander leiers voorgstel het. Dit was die oomblik toe Westerse mag in Afrika na China verskuif het, meen Dowden.

шланги дляАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.