Stakers betoog in Johannesburg op R24 en N12-oos

Deel op
'n Groep ontevrede stakende konstruksiewerkers het Donderdagoggend op verskeie paaie in Johannesburg betoog, het die Ekurhuleni-metropolisie gesê. 

Die betogers was eers in 'n oostelike rigting op die R24, naby die Concourtbrug en het toe op die N12-oos betoog, het inspekteur Jimmy Maboko gesê. 

Die betogers het intussen van die pad afgesien en in die rigting van Edenvale beweeg. Daar is tans geen verkeersontwrigting weens die stakers nie. 

Daar was glo vroeër berigte dat die betogers voertuie oo die paaie met klippe bestook het, maar die polisie is nie bewus daarvan nie en geen sulke voorvalle is aangemeld nie, het Maboko gesê. 

Niemand is in hegtenis geneem nie en die polisie hou die situasie dop.

top online games no downloadФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.