De Lille kla ‘wit kaffer teef’ aan

Deel op

Die leier van die Onafhanklike Demokrate, Patricia de Lille, het minstens vyf aanklagte van crimen injuria teen Lara Johnstone van George gebring wat tans voor die landdroshof dien, berig Beeld.

Deel op

Johnstone het na bewering in 2007 'n aantal teksboodskappe aan De Lille gestuur nadat sy nie op dokumente oor die oorsprong van MIV-vigs wat John-stone aan haar gestuur het, gereageer het nie.

Die teksboodskappe se bewoording sluit onder meer “dom kaffer teef” en “'n kaffer moroon imbesiel” in. Johnstone het getuig dat sy met ’n swart Moslem getroud is en dat die woord “ongelowige” in Arabies beteken.

Johnstone het gesê dat die woord “teef” eintlik met die grootste eerbied verwys na De Lille as ’n sterk vrou. Sy het gesê sy het nie geweet De Lille is so eng in haar denke nie.

Kaffer is volgens haar nie rassisties nie en sy noem haarself glo ’n “wit kaffer teef” aangesien sy met 'n swarte getroud is.

Johnstone het ook na vigs as die “beste uitvinding sedert Manhattan, verkragting en marteling” verwys in haar boodskappe.

машинкаФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.