Meer as 13 miljoen ontvang ‘toelaes’

Deel op

Image

Die ANC-regering betaal kindertoelaes sodat meer kinders in die lewe gebring kan word

Meer as 13 miljoen Suid-Afrikaners, waaronder 9 miljoen kinders, ontvang tans maatskaplike toelaes, sê die minister van maatskaplike ontwikkeling, Edna Molewa. Volgens haar bly dit "die mees doeltreffende vorm van armoedeverligting".

Molewa het verlede week in die parlement gesê dat Suid-Afrika se ouderdoms- en ongeskiktheidspensioene onlangs van R960 tot R1 010 verhoog is, kindertoelaes van R230 tot R240, stiefouerkindertoelaes van R650 tot R680 en sorgafhanklike toelaes van R960 tot R1 010.
Deel op

Die regering het in Januarie 2009 die kindertoelaag na kinders tot die ouderdom van 15 jaar uitgebrei, wat beteken dat die toelaag 'n bykomende 300 000 kinders bereik. Molewa meen dat haar departement 'n bykomende 200 000 kinders teen die einde van Augustus gaan registreer.

"Ons erken dat, in weerwil van ons pogings, daar steeds twee miljoen kinders oor die ouderdom van 15 jaar is wat in armoede verkeer en in reaksie hierop gaan ons binnekort 'n plan voorstel om die kindertoelaag ook aan dié kategorie van kinders beskikbaar te stel.

Wat volwasse armoede betref, het Molewa gesê dat die regering sou aanhou om die plan toe te pas om pariteit tussen mans en vrou wat vir ouderdomspensioen kwalifiseer, toe te pas.

Sedert Julie 2008 het meer as 70 000 mans tussen die ouderdomme van 63 en 64 as gevolg van die ouderdomsaanpassingsbeleid toelaes ontvang. Van April 2009 af, is ouderdomspensioene na alle mans bo 61 uitgebrei.

In reaksie op stygende voedselpryse, het die departement die maatskaplike lenigingsbegroting van R124 miljoen na R624 miljoen verhoog, wat tussen November 2008 en April 2009 versprei is.

Molewa het gesê dat haar departement in die konteks van die globale resessie die nodige besteding sal handhaaf om te verseker dat diegene wat aan armoede ly toegang tot maatskaplike leniging kan verkry.

Die departement gaan ook verhoudings met kerklike en nie-regeringsorganisies ondersoek om te help met die verspreiding van maatskaplike leniging, ten einde dienslewering te verbeter.

Molewa het bygevoeg dat veranderinge aan die Suid-Afrikaanse welsynsagentskap gemaak gaan word ten einde afhandeling van aansoeke om toelaes te bespoedig, terwyl die departement met die Poskantoor saamwerk om maatreëls te bedink om die koste van toelaagbetalings te verminder en toegang te verbeter.

купить липецк аргонодуговая сваркаФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.