Tshwanemetroraad ignoreer Pretoria

Deel op
Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die Tshwanemetroraad en die burgemeester, Gwen Ramokgopa, hulle moedswillige en kortsigtige optrede moet staak rakende die naam van die Suid-Afrikaanse hoofstad. Dit volg nadat die ANC-beheerde metroraad ‘n internasionale advertensieveldtog geloods het waarin na Pretoria as ‘die stad Tshwane’ verwys word.

Die party het ook gesê dat die ooreenkoms met FIFA se plaaslike reëlingskomitee, waarvolgens die naam Pretoria in internasionale bemarking behou sal word, hiermee verbreek word.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, het die plaaslike ANC-leierskap klaarblyklik nie die visie om in belang van die land op te tree nie. Die naamkwessie in die hoofstad het ‘n landswye impak, maar die plaaslike ANC verkies telkens die pad van konfrontasie en polarisasie.

Die VF Plus het herhaal dat ‘n politieke oplossing vir die Pretoria/Tshwane naamkwessie gevind moet word ten einde minderheidsgroepe te akkommodeer.

“Die kwessie oor Pretoria se naam draal nou al vir baie jare en dit is reeds genoeg bewys dat die huidige eensydige benadering nie ‘n oplossing bied nie. Ons kort ‘n wedersyds aanvaarbare oplossing om die probleem vir eens en vir altyd op te los. Geen oplossing is moontlik sonder dat die naam Pretoria in die hoofstad se naam behou word nie,” het Beyers gesê.

Volgens die VF Plus moet die advertensie teruggetrek en reggestel word.  

детские куклыДанильченко Юрий отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.