Oproeriges maak N4 na Botswana onbegaanbaar

Deel op
Inwoners van Lehurutse naby Zeerust het Woensdag die N4 na Botswana versper en motoriste onder klippe gesteek.

Hulle is opstandig oor 'n gebrek aan water. Die probleme bestaan reeds van verlede jaar af.

Daar is vir lang tye geen water beskikbaar nie en wanneer daar wel water is, is dit nie genoeg nie.

Beeld berig dat 'n motoris se bakkie onder klippe, bottels, “gesmelte teer” en gebruikte motorolie deurgeloop het. Hy was op pad na Mafikeng toe hy die onverwagse versperrings teëkom.

Jan de Jager, wat tans in Botswana woon, kon wegjaag omdat hy glo gewoond is om op “ruwe terrein” te ry. Hy het polisielede teëgekom maar het nie ’n klag ingedien nie.

Van die 60 of 70 mense wat deelgeneem het aan die klipgooiery, is dit moeilik om een of twee uit te sonder, het hy gesê.

Vragmotorbestuurders vermy blykbaar die pad van verlede jaar af.

'n Polisiewoordvoerder het intussen bevestig dat inwoners die N4 Dinsdag teen 16:00 versper het. Polisie-eenhede van Mafikeng en Rustenburg is ontbied en het met die inwoners en hul raadslid gepraat. Die versperrings is daarna verwyder.

Gordfon Kegakilwe, LUR vir plaaslike regering en tradisionele sake, sou die gemeenskap gistermiddag besoek om na hul griewe te luister.

люстры потолочные хрустальныеФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.