Swendelaars bedrieg Johannesburgse inwoners

Deel op

Swendelaars is besig om die inwoners van Johannesburg te bedrieg, het City Power Dinsdag gewaarsku. Hulle gee voor om amptenare van die munisipaliteit en sy elektrisiteitsmaatskappy te wees, het City Power se senior korporatiewe ondersoeker Jabu Mkhonza in 'n verklaring gesê.

Deel op

Hulle bel die kliënte met besonderhede van hul rekeninge en uitstaande saldo's en dreig om hulle elektrisiteit af te sny tensy hulle 'n betaling aan 'n spesifieke rekening maak, met 'n spesiale pin-nommer.

Mkhonza het gevra dat enigiemand wat meen dat hy of sy slagoffers van die swendelary mag wees met City Power in verbinding met tree. Hy het kliënte gemaan om hul rekeninge slegs by amptelike kredietbeheerkantore te betaal.

free uk slots no depositФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.