VSA en Rusland gaan kernarsenale snoei

Deel op
Barack Obama en Dmitri Medwedef het Maandag in die Kremlin ooreengekom om die twee lande se kernarsenale met byna ’n derde te verminder. Obama se tweedaagse besoek aan Moskou het Woensdag ten einde geloop.

Agt verdere voorlopige verdrae is ook deur die leiers van Amerika en Rusland onderteken.

Medwedef het ingestem om 4 500 Amerikaanse militêre vlugte per jaar oor Russiese grondgebied toe te laat om NAVO-voorraad aan Afganistan te lewer.

President Obama en premier Wladimir Poetin het klem gelê op hulle goeie verhoudinge maar ten spyte daarvan is geen handelsooreenkoms bereik nie. Amerika se plan om ’n missielafweerstelsel in Tsjeggië en Pole op te rig is tydens die ontmoeting nie besleg nie.

Die Russe is fel gekant teen die beoogde missielafweerstelsel.

Obama het Michail Gorbatsjof en opposisieleiers ontmoet voor sy vertrek na die G8-spitsberaad in Italië.

май литл пони игрушкиФильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.