‘COPE is ‘n bedrogspul’, s? Grindrod

Deel op

Image

Simon Grindrod

Simon Grindrod, 'n hooffiguur in die Kongres van die Mense, oftewel COPE, het Dinsdag 'n aanval op die partyleierskap geloods.

"Dis besig om vir my helder te raak dat 'n groot bedrogspul jeens die Suid-Afrikaanse kieserspubliek gepleeg is en ek wil nie langer aan die leiding daarvan deelneem nie," het hy in 'n brief aan die party se algemene sekretaris gesê.

Deel op

Hy het bedank as lid van COPE se nasionale werkskomitee en as die party se verkiesingshoof, maar bly as partylid aan.

"Ná agt maande van opregte pogings om die werk van die party as 'n lid van die nasionale dagbestuur te bevorder, is ek nou daarvan oortuig dat min geesdrif bestaan om die baie ernstige uitdagings aan te spreek waarvoor die party tans staan, wat nog te sê om hulle op te los."

Grindrod sê die party word deur probleme geteister, wat wissel van die leierskapstryde tussen die partypresident Terror Lekota en sy adjunk Mbhazima Shilowa, partylysmanipulasie, 'n kultuur van ontkenning, 'n onaktiewe partywebwerf en 'n leë hoofkantoor in die Johannesburgse middestad wat R60 000 per maand kos.

Hy het die partyleierskap daarvan beskuldig dat hulle hul langtermynvolhoubaarheid afskeep.

"Dit lyk baie, in die lig van onlangse gebeure, asof COPE weinig meer as 'n alternatiewe voertuig vir sekere sleutelindividue was wat tans van plan is om ANC-beleid en -prosesse onder 'n ander naam wil bevorder."

COPE het 'n "program van hoop en verandering vir alle Suid-Afrikaners" belowe.

Dis vir my glashelder dat "hoop" op die afdraande pad verkeer, dat daar geen "verandering" van ANC-praktyk is nie en dat die enige Suid-Afrikaners wat die "program" bepaal huidige en voormalige ANC-lede is, met die uitsluiting van die res."

светильниковДанильченко Юрий отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.