Rugby betree volwaardige politiek

Deel op
Vir diegene wat nog glo dat rugby nie 'n politieke spel is nie, moet die minister van Nasionale Beplanning se brief Dinsdag aan die Business Day se redakteur 'n openbaring wees.

Springbokafrigter Peter de Villiers het ondersteuning gekry van niemand minder nie as die magtige Trevor Manuel.

In 'n brief aan Business Day se redakteur Peter Bruce, kla Manuel omdat Bruce gesê het die afrigter is nie opgewasse vir sy taak nie. Die Springbokke het klaaglik in die derde en laaste toets verloor teen die Britse en Ierse Leeus Saterdag, alhoewel hulle die reeks met 2 -1 beklink het.

"Wat die meeste tel in sport is die resultaat. Daarom moet die feit dat die Springbokafrigter in hierdie geval, soos so min van sy voorgangers, die reeks gewen het in sy guns tel?" Manuel het Bruce daaraan herinner dat hy nie 'n sportskrywer is nie en hom aangeraai om de Villiers met sy voorgangers te vergelyk.

Hy het bygevoeg dat Suid-Afrikaners dikwels tot gevolgtrekkings kom sonder dat hulle na "feite of statistieke" verwys.

Manuel sê hy was "erg misverstaan oor die onderwerp van die resessie" omdat hy, net soos met die rugby, gesê het "die syfers praat". Manuel het voorheen, voordat dit amptelik geword het, verklaar dat Suid-Afrika nie tegnies in 'n resessie is nie.

"Ek pleit by die redakteur van die Business Day dat hy die syfers sal laat praat selfs terwyl hy laat Sondagmiddag sy hoofartikel skryf," het die minister gesê.

тамбов подъемникичетырехстоечныеЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.