Itali? stem vir streng anti-immigasiewette

Deel op
Streng nuwe maatreëls om onwettige immigrante uit Italië te hou is Donderdag in Italië bekragtig nadat die Senaat 'n omstrede wet ingestem het. Die Katolieke kerk en die linkse opposisie was teen die wetgewing gekant.

Die wet maak van onwettige immigrasie 'n strafbare oortreding wat 'n boete van tot 10 000 euro sal behels. Onwettige immigrante sal langer, tot ses maande, aangehou kan word in detensiesentra voordat hulle gerepatrieer sal word.

Die nuwe wet maak ook voorsiening vir die skepping van ongewapende burgerwagte om de polisie by te staan om misdaad te bekamp. Kinders wat gedwing word om te bedel, 'n gewilde taktiek van sigeuner- en Roma-ouers, sal voortaan met tronkstraf strafbaar wees.

'n Heftige debat in die Senaat het die stem voorafgegaan. Die opposisie het die regering daarvan beskuldig dat hulle die regte van immigrante skend en gesê dat die skepping van burgerwagte die risiko inhou dat mense die reg in eie hande neem.

подбор насосного оборудованияДанильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.