G8 gaan Afrika se voedselpenarie takel

Deel op
Een van drie hoofdoelwitte van die G8-beraad wat hierdie week hier begin, sal bekend staan as die L’Aquila-inisiatief vir voedselsekerheid. Die ander twee kwessies wat aandag sal geniet is infrastruktuurontwikkeling en aardverwarming.

Infrastruktuurontwikkeling sal, volgens die G8, saam met die landbou-inisiatief loop om arm lande by te staan om hul landbou-infrastruktuur op te bou sodat hulle nie meer bakhand sal staan vir regstreekse voedselhulp nie. Japan en die VSA sal die grootste skenkers wees.

Die derde groot tema van die beraad sal die formulering van ’n G8-standpunt oor aardverhitting wees wat in Desember by die wêreldomgewingsdebat in Kopenhagen sal plaasvind.

'n Konsortium, waarvan die G8 almal lede is, sal dmv die Wêreldbank, die Ontwikkelingsbank van Afrika en dié van Suider-Afrika, asook Nepad, ondersteuning verskaf vir die beoogde landbouprojekte.

Silvio Berlusconi, G8-voorsitter, het gesê “Ons wil met hierdie beraad verseker dat Afrika ’n volwaardige deelnemer aan die wêrelddebat word, nie net ’n ontvanger van internasionale geldhulp nie.”

Nog 17 wêreldleiers sal die beraad bywoon, onder wie president Jacob Zuma. Regeringshoofde van Mexiko, Suid-Korea, Egipte, Australië, Brasilië en Indië sal ook teenwoordig wees.

casino bonusДанильченко

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.