Reeksverkragter is ‘n ‘gevaar vir die samelewing’

Deel op

Image

Tsediso Letsoenya – ‘n ‘gevaar vir die samelewing’

Die veroordeelde reeksverkragter Tsediso Letsoenya is 'n gevaarlike misdadiger en 'n gevaar vir die samelewing, is Maandag in die Kaapse Hoëhof aangevoer.

Deel op

Die aanklaer Christenus van der Vijver het aan die hof vertel dat hy "nie in die minste hieraan twyfel nie". Van der Vijfer het voor regter Abe Motala en twee assessore betoog oor 'n geskikte vonnis wat Vrydag aan Letsoenya opgelê sal word.

Letsoenya gaan op 28 aanklagte van verkragting gevonnis word, waarvan agt vir lewenslange tronkstraf kwalifiseer, asook agt van roof waarvoor hy vir die minimum van 15 jaar op elk van die roofklagte in aanmerking kom.

Van der Vijver het gesê dat hy van plan is om die hof te versoek om Letsoenya tot 'n gevaarlike misdadiger te verklaar, wat sou beteken dat Letsoenya weer in die hof moet verskyn voordat hy uiteindelik op parool vrygelaat mag word.

Die voorgeskrewe minimum vonnis vir iemand wat as 'n gevaarlike misdadiger verklaar word is trouens swaarder as 'n lewenslange vonnis van 25 jaar in die sin dat 'n oortreder wat tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis word nie in die hof hoef te verskyn alvorens hy op parool vrygelaat word nie.

Van der Vijver het gesê die jurisprudensie skryf voor dat, waar moonlik, 'n oortreder 'n lewenslange straf moet ontvang eerder as wat hy tot 'n gevaarlike misdadiger verklaar word.

Volgens die Appèlhof is lewenslange gevangenisstraf die hoogste vonnis in Suid-Afrika, aangesien dit die doodstraf vevang het, het hy gesê.

Van der Vijver het gesê as daar ooit 'n saak was waar 'n mens kon sê dat die feite vir sigself spreek, dan was hierdie so 'n saak.

Hy het gesê die verkragtings is almal sorgvuldig beplan en elke keer het Letsoenya verseker dat hy op 'n plek soos 'n stasie was waar hy sy slagoffers sorgvuldig kon uitsoek.

Hy het voortse gesê dat die verkragtings oor 'n  lang tyd plaasgevind het waartydens Letsoenya genoeg tyd gehad het om te besin en op te hou.

Van der Vijver het gemeen dat Letsoenya slegs opgehou het vanweë die tussenkoms van die polisie.

Volgens hom is verkragting een van die mees aftakelende en vernederende dinge wat 'n vrou kan oorkom.

проверка иАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.