‘Getoor, ‘n prostituut en ‘n idioot’

Deel op
Die VSA se mees senior diplomaat in Afrika is ’n “idioot” sê Mugabe.

Johnnie Carson is pas as Amerikaanse onderminister van buitelandse sake belas met Afrika aangestel. Volgens Carson het Mugabe Zimbabwe “verwoes”. Carson en Mugabe het verlede week tydens die Afrika-Unie (AU) se leiersberaad in Sirte, Libië, bladgeskud.

Die staatsbeheerde ZBC het die ontmoeting as ’n “belangrike stap” vir verbeterde verhoudings met die internasionale gemeenskap beskryf, maar diplomate in Harare het aan Sapa-dpa gesê Mugabe het uit die vergadering gestorm.

Volgens die Herald was Mugabe woedend oor Carson se “patroniserende houding”.

Carson is ’n “klein outjie wat dink hy kan vir ons voorskryf wat om te doen,” het Mugabe na berig word gesê. “Ek hoop nie hy praat namens Obama nie. ’n Mens sal nie met ’n idioot van daardie aard praat nie. Ek was baie kwaad vir hom.”

Mugabe het Jendayi Frazer, Carson se voorganger, vroeër ’n “prostituut” genoem en verlede week gesê Irene Khan van Amnestie Internasionaal is “getoor”.

Die VSA weerhou steeds direkte geldhulp aan die Zimbabwiese regering.устройстволобановский класс харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.