"Ons het agt mans om twee uur vanmore (Maandag) in hegtenis geneem, net voor die situasie kalmeer het," het inspekteur Daniel Mavimbele gesê.
Die agt is gearresteer ná openbare geweld Sondag uitgebreek het met honderde inwoners wat ontevrede is oor behuising.
Volgens IOL Online, is paaie afgesper met brandende bande, strate is met groot klippe besaai en motoriste is onder klippe gesteek. Winkels in die gebied is ook geplunder.
Die protes het 10vm begin. Dit is gehou om ontevredenheid oor die toewysing van huise en die verskuiwing weereens van sekere krotbewoners te wys. Die krotbewoners sou na 'n plakkerskamp naby Brits, noordwes van Pretoria, geskuif word.
Die betogers het ook elektrisiteit gevra. 'n Groep het glo gedreig dat hulle die plaaslike raadslid se huis wil afbrand, en die polisie het die huis gedurende die nag bewaak.
'n Polisiehelikopter is ook na die gebied te stuur om knelsituasies te monitor.
Mavimbele het gesê die toestand is "kalm vir nou", maar betogings kan later in dag weer hervat indien daar nie aan die ontevredenes se eise voldoen word nie.
"Daar is steeds 'n swaar polisieteenwoordigheid in Diepsloot," het hy gesê.