Franse generaal verdedig rol in volksmoord

Deel op
Image

Gen. Lafourcade

Die Franse bevelvoerder van operasie Turquoise in Rwanda, generaal Jean-Claude Lafourcade, sê 15 jaar na die volksmoord aldaar, hulle het 'n goeie ding gedoen.

Die Franse word allerweë veroordeel dat hulle deels vir die volksmoord verantwoordelik was omdat hulle die moordenaars beskerm het.

Lafourcade sê egter die hele wêreld het die operasie ondersteun en alhoewel hulle te laat was om die slagting te keer, het hulle nogtans talle mense se lewens gered. In die suidweste van Rwanda het die Franse magte gekeer dat drie miljoen mense na die DRK vlug.

Hy sê hulle was 'n stabiliserende vredesmag wat menseregteorganisasies in staat gestel het om hulp te verleen aan die geteisterde bevolking. In daardie lig gesien verstaan die Franse weermag nie die kritiek teen hulle nie.

Toe die vliegtuig van president Habyarimana op 6 April 1994 afgeskiet is, wat die volksmoord aan die gang gesit het, was daar reeds 2 500 VN-troepe in Rwanda wat agt dae na die aanvang onverklaarbaar deur 'n besluit van die Veiligheidsraad met 'n driekwart verminder is.

Twee maande het dus verbygegaan waarin die menseslagting sonder verposing gewoed het en sonder dat daar enige ingryping van buite was. Dit terwyl die media ernstig gewaarsku het dat 'n volksmoord gepleeg word, het die generaal gesê.

Die situasie was ook kompleks, want die VN se bevelvoerder Roméo Dallaire, het gedreig om Franse vliegtuie bokant Kigali af te skiet omdat die Franse teenwoordigheid nie as 'n vredesending beskou is nie, maar 'n politieke projek.

Lafourcade neem Dallaire kwalik want Dallaire kon selfs met die beperkte middele tot sy beskikking iets gedoen het, sê hy. Dallaire se verskoning dat hy nie 'n mandaat van die VN gehad het nie, gaan die vir die Franse bevelvoerder op nie.

поршневой компрессорданильченко юрій Харків

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.