Gautrein dalk voor 2010 gereed

Deel op
Image

Bushalte in Johannesburg

Die Gautrainprojek vorder goed en mag dalk gereed wees vir die 2010 Fifa Wêreldbeker het die Gautreinbestuursagentskap Donderdag aangekondig.

HUB, Jack van der Merwe, sê dit is hulle bedoeling om die Gautrein so naby aan 2010 as moontlik te loods. Hy het met joernaliste in Johannesburg gepraat gedurende 'n mediatoer.

Die agentskap beoog om die trein te voltooi en te begin toets 'n maand voordat die toernooi afskop.

"Ons probeer om die twee op te lyn en ons probeer versnel," het hy gesê.

Hy het nietemin gewaarsku dat die Gautrain se nuttigheid sal afhang van ondersteunende openbare vervoerprogramme soos die BRT, die snelbusdiens, asook die taxi's.

'n Uitdaging wat voorlê is die staking waarmee die Nasionale Metaalwerkersunie van Suid-Afrika, NUMSA, dreig.

Van der Merwe sê onderhandelinge met die unie sal deur die Suid-Afrikaanse Federasie van Siviele Ingenieurkontrakteurs gevoer word.

инструмент автоэлектрикаФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.