Minimumloon dring emosionele besluit aan blankes op

Deel op

Ek glo dat die minimum loon vir ongeskoolde arbeid tans hier rondom R1 300 rond is. Dit word egter nou met 20% opgestoot, tot kort duskant R1 600 en daar word beplan om sulke skerp stygings gereeld oor die volgende paar jaar in te stel.

Deel op

Mens moet egter krities vra of bogenoemde as goed of sleg vir ons vertolk moet word. Goedkoop arbeid het sekere positiewe gevolge, maar die vraag wat mens jou moet afvra is wat die langtermyngevolge daarvan is. Ek kan aan die volgende dink:

  •  Laer vlak van outomatisering, wat veroorsaak dat mens minder kompeterend is in die globale ekonomie.
  •  Onproduktiewe besigheidsprosesse, wat slegs goed vertoon omdat die arbeidskoste dit kunsmatig goed laat lyk.
  •  Meer werkers wat minder doen, meer sosiale en arbeidsprobleme.
  •  Uitsluiting van mense uit jou eie bevolkingsgroep, omdat hulle kwansuis duurder is.
  •  Kulturele beïnvloeding deur werkers wat totaal verskillende waardes en kulture deel – bv. die alomteenwoordigende huisbediende wat moet klere stryk en afstof vir n bietjie geld elke maand, en wat in ruil iets minder tasbaars vir jou gee, nl. empatie met haar kultuur en miskien TB. Tuinwerkers gee ook soms iets terug behalwe hul dienste waaruit hul (gees)drif duidelik blyk (geweldsmisdaad). Op 'n suiwer koel beredeneerde vlak moet mens vra: Hoekom het jy so iemand in jou huis of tuin toegelaat i.p.v. hoe kon hy dit doen ná al die jare…
  •  Enige strategiese besluit rakende jou eie soort word altyd bemoeilik deur emosionele bagasie a.g.v. jou intimiteit met die ander kulture, wat in jou persoonlike ruimte om jou beweeg.

Ek is seker daar is ook redes hoekom hierdie goedkoop arbeid gewens is:

  •  Jy kan op die bank lê en TV kyk, terwyl iemand die gras sny.
  •  Boere met 'n marginale winsgrens kan nog steeds op hul plase boer en die land van kos voorsien.
  •  Swartmense wat nie geskool is nie, kan wel genoeg verdien om 'n relatiewe hoë lewenstandaard te handhaaf – maar ten koste van wie?
  •  'n Tekort aan sodanige werkers van goeie kwaliteit, lei uiteindelik daartoe dat jy net meer en meer betaal vir iemand wat nie rêrig baie beteken nie (dus as daar in n bepaalde omgewing net 3 werkers is wat verslaaf is aan alkohol, is die boer verplig om hulle in sy diens te hou, teen die nuwe verhoogde minimumloon).

Bg. noue samewerking veroorsaak 'n morele dilemma by die meeste blankes in Suid-Afrika, en lei in 'n groot mate tot emosionele besluitneming, waar ander se gevoelens ten koste van jou eie waardes in ag geneem word. Verder dink ek nie dat ons rêrig afhanklik is van goedkoop arbeid nie, maar dat ons vriendelik verplig word om daarvan gebruik te maak. Die boodskap wat mens al oor dekades kry, is hoe om dit en dat vir jou werker te doen of nie te doen nie. Mens hoor egter nooit dat iemand bevraagteken of mens in die eerste plek so 'n werker moet hê nie. Dit dui dus op 'n subtiele verpligting wat op ons geplaas word om tog vir die mense om te gee – maar dis te betwyfel of daar werklik so 'n plig bestaan.

встраиваемые светильники называемыеАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.