Sears-gebou se glasbalkonne 400m bo die grond

Deel op

Image

Een van die glasbalkonne op die 103de vloer van die Sears-gebou

Die Sears-gebou in Chicago het glasbalkonne op die 103de vloer aangebring waarvandaan besoekers 'n uitsig oor die stad en die straat onder hulle kan verkry. Die balkonne hang 400 meter in die lug en beskik oor glasvloere- en mure.

Deel op

Die algehele indruk is dat mens oor die stad sweef. "Dis soos om op ys te loop," meen Margaret Kemp van Kalifornië wat ook die ervaring beproef het. Volgens haar het haar hart steeds geklop nadat sy van die balkon weggestap het. "As mens daardie eerste stap neem, wonder jy of jy gaan afval."

Die balkonne kan 'n gewig van vyf ton dra en die glas is 5 sentimeter dik, volgens amptenare van die gebou. Hulle het agtergekom dat besoekers gedurig hul gesigte teen die vensters druk en het daarom op die idee gekom om ook glasbalkonne te installeer sodat mense nog 'n beter vergesig oop Chicago kan verkry.

Die gebou, wat in die VSA as die "Sears Tower" bekendstaan, gaan binnekort 'n naamsverandering ondergaan, na "Willis Tower". Verlede week het die gebou se bestuur 'n "groen" opknappingsprogram van R3 miljard aangekondig, kompleet met windlaaiers, daktuine en sonpanele.

Die glasbalkonne word "Die lys" genoem. Die 70-jarige Kemp meen dat die hoogste gebou in Amerika nou oor iets beskik wat sy nog nie in haar dag des lewens aanskou het nie.

"Ek moes 70 jaar vir dié opwinding wag," het sy gesê. поверхностный самовсасывающий насос для водыОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.