Spanning laai op binne MDC

Deel op
Morgan Tsvangirai sê die minister van finansies wat hy aangestel het, Tendai Biti, het die leningspakket met China onderhandel.

Chinese amptenare het nog geen aanduiding gegee oor die aard van die lening nie of dit selfs bevestig nie.

Amptenare van Tsvangirai sê hulle glo 'n deel van die pakket sal toegestaan word op voorwaarde dat die geld op Chinese goedere soos kunsmis bestee word.

Ian Makone, 'n Tsvangirai-aide, het gesê die ooreenkoms sal vereis dat die lening op Chinese produkte spandeer word.

Eddie Cross, 'n senior amptenaar in Tsvangirai se party, sê die Chinese ambassadeur het hom tydens 'n ete verlede week verseker dat voordelige kredietvoorwaardes infrastruktuurprojekte sal insluit asook kommersiële voorwaardes om Chinese goedere aan te koop.

Minister van verdediging, Emmerson Mnangagwa, het 'n afvaardiging van ZANU-PF-amptenare Dinsdag in Beijing gelei. 'n Chinese amptenaar van die Politburo het Mugabe se ysterhand glo gerusgestel dat China se verklaarde beleid van investering in Zimbabwe onveranderd sal bly.

Zhou Yongkang, lid van die Politburo, het gesê hulle sal Chinese maatskappye aanmoedig en bystaan om ontwikkeling in Zimbabwe na te streef.

China ondersteun reeds Mugabe se militêre veldtog sedert 1970 om wit heerserskap te beëindig en het selfs onlangs toerusting aan Zimbabwe beskikbaar gestel om telefoongesprekke mee af te luister.

'n Duur blou teëlplafon is 'n ander luukse wat danksy Chinese hulp ter versiering aan die president se herehuis in Harare aangebring is.

Tsvangirai het Dinsdag gesê hy kon byna $500 miljoen van Westerse regerings insamel en dat die besonderhede binnekort bekend gemaak sal word. Kenners is egter skepties oor die bedrag omdat internasionale hulporganisasies reeds miljoene in die land bestee het wat nie dmv van die regering uitgedeel is nie.

Die reis het spanninge tussen die twee politieke partye weer laat oplaai asook binne die MDC self omdat Tsvangirai in sy kritiek teen Mugabe nie fel genoeg was nie. Hy het daarop aangedring dat 85-jarige leier 'n noodsaaklike deel van die oplossing vir Zimbabwe is.

строительная техника игрушкиалександр лобановский супермаркет класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.