Universiteite moet volgestop word, s? Blade

Deel op
Die huidige stelsel vir universiteitstoelating moet aangepas word omdat baie studente wat akademiese potensiaal het toegang tot ’n universiteitsopleiding ontsê word, het die minister van hoër onderwys gister gesê.
 
Dr. Blade Nzimande het gesê net 18% van matrikulante behaal universiteitstoelating en dit is “te onaanvaarbaar laag” om hul ver­moëns akkuraat te weerspieël.
 
“Dit is net baie abnormaal – deels as gevolg van die probleme wat ons het en wat ons geërf het.”
 
Dit is nie waar dat almal sonder toelating die vermoë het om te slaag nie, het Nzimande aan joernaliste gesê ter voorbereiding van die debat oor die onderwysbegroting.
 
“Ons moet maniere vind om studente met potensiaal te identifiseer, selfs al het hulle nie universiteitstoelating nie. As ons dit nie doen nie, verdoem ons in der waarheid baie van ons studente tot ’n lewe sonder opvoeding, sonder opleiding, sonder werk.”

Hy het gesê die hersieningskomitee vir hoër onderwys ondersoek die moontlikheid van universiteitstoelatingseksamens.

Hy het gesê ’n verslag van die onderwysdepartement het getoon dat 40% Suid-Afrikaners tussen die ouderdomme van 18 en 24 nie werk of studeer nie. Hy het dit ’n “enorme verkwisting van menslike potensiaal” genoem.

Oor universiteite se klagtes dat matrikulante akademiese vaardigheid kort omdat hulle “swak produkte uit die skolestelsel” is, het hy gesê universiteite het ’n verantwoordelikheid om studente te help om aan te pas en hulle moet ’n “bietjie van die ivoortoring afklim”. Hy het terselfdertyd gesê “ons stel nie voor dat hulle die standaarde verlaag nie”.

Hy het ook die moontlikheid geopper dat ’n verlenging in die tydsduur van ’n standaardgraad van drie na vier jaar oorweeg moet word.

Daar word gereken dat alle studente, ongeag hoe goed of sleg hulle op skool gevaar het, daarby sal baat om vier jaar lank te studeer. Volgens dié gebruik elders in die wêreld kan dit ook lei tot ’n ander soort kwaliteit in die studente, het hy gesê.

In dié geval sou universiteite wegdoen met die honneursjaar en sou alle studente wat ’n graad behaal het direk tot meestergraadstudie toegelaat word.

betting withoutалександр лобановский харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.