Dodelikste maand in lugvaartgeskiedenis

Deel op

Die jongste vliegongeluk maak van Junie 2009 een van die dodelikste maande in die onlangse lugvaartgeskiedenis.

'n 14-jarige meisie, Bahia Bariki, is nog die enigste oorlewende van die 153 mense aan boord van die Airbus van Yemenia Airways wat in die Indiese oseaan naby die Comoro-eilande gestort het.

Op 1 Junie het Air France se vlug 447 – ’n Airbus A330 – naby die Brasiliaanse kus aan stukke gebreek en in die see gestort. Al 228 passasiers is dood.

Die Erekonsul  van die Comoro-eilande in Marseille, Stephane Salord, het gesê die A310 het lank reeds probleme gegee. Hy het gesê dit is heeltemal onaanvaarbaar dat Yemenilugdiens passasiers op dié wyse vervoer.

Die toestand van die vliegtuig het glo veel te wense oorgelaat en was nie in Frankryk toegelaat nie. Die passasiers van Vlug IY626 het in Sanaa, die hoofstad van Jemen, aan boord gegaan van die swak versiende vleigtuig nadat hulle vanaf Parys en Marseilles in 'n beter straler vervoer is.

Dit gaan fisies goed met die meisie wat aan wrakstukke geklou het om te oorleef. Sy is in diep water sowat 15 km van die kus tussen oorblywende wrakstukke opgepik nadat eers gesê is niemand het die ramp oorleef nie.

Daar is eers berig dat 'n seun die ramp oorleef het.

Die 153 mense aan boord van die Airbus A310 was hoofsaaklik Franse (66) en Comorane wat uit Parys en Marseille via Sanaa, die Jemenitiese hoofstad, na die eilande op pad was. Die vliegtuig het in gure weer en stormwind neergestort toe dit blykbaar gereed gemaak het om te land.

Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking weet nog van geen Suid-Afrikaners wat op die vlug was nie.

поильник для детейданильченко юрій Харків

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.