Verbruikersvertroue neem af

Deel op

Image

Die Johannesburgse Aandelebeurs

Verbruikersvertroue in Suid-Afrika het afgeneem, het 'n Mastercard-ondersoek wat Woensdag vrygestel is, aangetoon. Maar Suid-Afrikaners bly die derde mees optimistiese groep in die streek wat uit Asië-Stille-Oseaan-, Midde-Ooste en Afrika bestaan, het die ondersoek bevind.

Deel op

Volgens die data vir die tweede helfte van 2009 het Suid-Afrikaanse verbruikersvertroue met 11,4 punte gedaal tot die laagste vlak sedert 2004 met 'n telling van 67,3.

Die opname meet die verbruikersvooruitsig vir die volgende ses maande.

Die uitslag het ook 'n algehele daling in verbruikersvertrou op 'n jaarbasis aangetoon, verlegeke met die indekstelling van 74,3 vir die tweede helfte van 2008.

"Die afname is samehangend met die heersende globale resessie, asook die meer onlangse nuus dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in sy eerste tegniese resessie in 17 jaar verkeer," sê Anthony West, die algemene hoofbestuurder vir Afrika van die globale Mastercard-groep.

"Suid-Afrikaanse verbruikers bly egter steeds optimisties – en in 'n groter mate as in feitlik die hele 21 markte wat in die ondersoek opgeneem is," het hy bygevoeg.

Terwyl dit Suid-Afrika se tweede sterkste daling in vyf jaar is, lyk dit asof die land redelik goed vaar teenoor ander markte in Asië-Stille-Oseaan, die Midde-Ooste en Afrika, het West gesê.

Die Mastercard-indeks van verbruikersvertroue is gegrond op 'n ondersoek wat vrae aan deelnemers stel rondom vyf sleutel- ekonomiese faktore: indiensneming, die ekonomie, gereelde inkomste, die aandelebeurs en lewensgehalte.

Die indeks het 'n skaal van nul tot 100.

'n Telling bokant 50 dui aan dat verbruikers optimisties in hul verwagtings vir die volgende ses maande is, terwyl 'n telling onder 50 aadui dat hulle pessimisties gesteld is.

Die ondersoek fokus op drie stedelike gebiede – Johannesburg, Kaapstad en Durban.

Met 'n telling van 68,0 is Durban vir die tweede keer agtereenvolgens Suid-Afrika se mees optimistiese stad.

Vir die eerste keer in twee jaar, is Kaapstad met 'n telling van 66,7 egter meer optimistiese as Johannesburg, wat 'n algehele laagtepunt van 66,5 aangeteken het.

Mike Schüsller, die HUB van Economists.co.za, het gesê dat een rede vir die afname van 16,8 punte in Johannesburg te wyte kan wees aan die feit dat die meeste multinasionale maatskappye in die groter Johannesburg-gebied geleë is en dat hulle die terugslag van die globale resessie meer intens as plaaslike maatskappye ervaar.

Oor die besonder skerp afname in Johannesburg se lewensgehalte-indeks van 81,1 ses maande gelede tot 'n huidige telling van 61,9, het Schüssler gemeen dit mag te wyte wees aan die groot geboue- en paaiekonstruksiewerk wat groot verkeersknope veroorsaak.

In die geheel het Suid-Afrika laer tellings op elkeen van die faktore wat die indeks opmaak, aangeteken.

Die aandelebeurskategorie het die skerpste daling getoon.

Toe hulle gevra is of hulle dink die plaaslike aandelebeurs sal opgaan, daal of dieselfde bly oor die volgende ses maande, het 64 persent van respondente verwag dat dit dieselfde sal bly of sal daal.

дровяные печи каминыОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.