SEB-borrel gaan eersdaags bars

Deel op
Die skuld wat aangegaan is om Swart Ekonomiese Bemagtiging se mikpunte te bereik, is besig om in die huidige ekonomiese klimaat onhoudbaar te raak. Die sektor wat veral geraak word, is mynbou, maar die hele ekonomie voel tans die groeiende ongemaklikheid.

By die onlangse Mynindaba wat vanjaar in Kaapstad gehou is, is na die probleem verwys. Die regering sal moet ingryp om skuldbefondsde SEB-ooreenkomste te ondersteun omdat banke nie alleen in staat sal wees om die skuld te dra nie.

In die meeste gevalle is krediet toegestaan op grond van toekomstige verdienste, toekomstige dividende en toekomstige aandeelpryse. Die inkomstebronne het egter opgedroog sedert die wêreldwye ekonomiese krisis wat in September 2008 begin het.

Hierdie jaar, 2009, gaan die jaar van waarheid wees vir mynboubelange. Die hoof van Absa en Barclays Aksepbank, Cliff Zephyrine, het by die geleentheid gesê hy wil nie die uitdrukking "giftige bates" gebruik nie, maar ander mense is welkom om dit so te beskryf.

Banke het nog geen aanduiding oor die omvang van die skuldlasprobleem rondom SEB-transaksies gegee nie, maar in private gesprekke is mynboureuse glo erg bekommerd oor die moontlike gevolge wat dit mag inhou.

By die departement van Mynbou- en Energiesake heers daar insgelyks kommer oor die naderende krisis wat spruit uit befondsing vir SEB-transaksies wat opgedroog het en krediteure wat hulle geld wil terughê.

Die banke wat deur die ANC gedwing is om SEB-transaksies te finansier, sal moet opdok. Die Nasionale Tesourie is self onder druk vanweë infrastruktuurontwikkeling wat te veel druk op die fiskus plaas.

Sommige banke is tans besig om die skuld in aandele om te sit en het beheer oorgeneem van sekere nuwe myne.

In 2002 is tydens onderhandelinge tussen partye ooreengekom dat die Mynbouhandves weer hersien sal word en dat 'n stel gedragsreëls vir Goeie Bestuur binne vyf jaar opgestel sal word om ongerymdhede en dubbelsinnighede in die Wet op Minerale en Petroleumgrondstowwe uit te stryk.

Net voor die inhuldiging van die nuwe regering is die gedragskode vrygestel met die bepaling dat 26% van SEB-aandele in mynboumaatskappye teen 2015 skuldvry moet wees binne twee jaar. By versuim sal die betrokke mynhuis nie erkenning ontvang dat hy 'n SEB-transaksiegenoot was nie.

Kennelik stuur die ANC die krisis in die rigting van die nasionalisering van myne. Kritiek vanuit die geledere van die SA Mining Development Association (Samda), 'n swart junior Kamer van Mywese, is ook nie deur die nuwe minister van Mynbou, Susan Shabangu, geduld nie.

SEB is lankal nie meer 'n ekonomiese kwessie nie, maar 'n ideologiese een wat swart rassetrots gaande maak. Die mynhuise wat die ANC so graag aan bewind wou sien, gaan binnekort maai wat hulle gesaai het.

дитячі машинкиАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.