‘Zuma het Cosatu ge?gnoreer’

Deel op
Cosatu het Maandag by monde van woordvoerder Patrick Craven die negatiewe aanmerkings oor Cosatuleierskap in Moeletsi Mbeki se nuwe boek, Architects of Poverty, skerp veroordeel.

Craven het gesê die aanmerkings is vals en beledigend teenoor die leiers van die vakbond. Die basis van Mbeki se agument is dat Cosatu se grootkoppe oningelig en ongeskoold is.

Moeletsi Mbeki sê in sy boek dat Cosatu "nie die politieke ekonomie van Suid-Afrika verstaan nie" en dat hulle hul leiers in 1994 verloor het.

Mbeki sê voorts dat Cosatu gedink het hulle gaan Zuma gebruik, maar Zuma het hulle geïgnoreer en Vodacom geprivatiseer.

Craven het gesê Mbeki oordryf die gebrek aan invloed wat Cosatu in die ANC het, en gesê die vakbond oefen heelwat invloed uit oor die regering se beleid en besluite en staan hulle ook by in die uitvoering daarvan.

Craven het voortgegaan en Moeletsi Mbeki se onbevangenheid as politieke kommentator bevraagteken aangesien hy nie neutraal was toe sy broer Thabo Mbeki uit die presidentskussings gelig is nie.

"Hy [Moeletsi] kan nie meer as 'n onafhanklike politieke kommentator gereken word nie want hy is iemand met persoonlike wrewel," het Craven gesê.

casino classic mobileДанильченко

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.