Mugabe klou danksy diamante

Deel op
Image

Betaling?

Human Rights Watch het Vrydag 'n verslag vrygestel waarin hulle beweer dat Mugabe verlede jaar die diamantmyne in die ooste van Zimbabwe met geweld oorgeneem het en 200 mense gedood het. Dit is gedoen om te verseker dat hy sy ondersteuners kan aanhou vergoed uit die inkomste en dus sodoende hulle lojaliteit verseker.

Die Marangevelde se fondse is uitgesmokkel of onwettig deur die land se reserwebank verkoop nadat dit duidelik geword het dat die astronomiese inflasiekoers dit al hoe moeiliker maak vir ZANU-PF om getroue volgelinge, waaronder soldate, se onderdanigheid te koop.

Zimbabwe se regering het die inhoud van die verslag verwerp en verklaar dat die aanklagte daarop gemik is om die land se beeld te skend, die verkoop van Zimbabwiese diamante internasionaal te stuit en om die land van broodnodige buitelandse valute te ontneem.

Verlede jaar het die Zimbabwiese staatsmedia berig dat 'n militere operasie, onder die kodenaam bekend as Operasie 'No Return', geloods is in die Marangedistrik suid van Mutare om 'n wettelose diamantstromloop te keer.

Maar die Human Rights Watch verslag beweer dit was deur die regering gebruik om die Marangevelde oor te neem en 200 myners is gedood in die operasie. Soldate het glo uit helikopters met outomatiese wapens op die mynwerkers gevuur.

Die spoeldiamantvelde is in 2006 ontdek. Weermagbrigades word in die gebied ontplooi op 'n roterende basis om meer soldate die geleentheid te gee om munt te slaan uit die diamante.

Sindikate wat uit soldate bestaan, gebruik glo kinders uit die gebied as slawearbeid en onwillige werkers word geslaan en mishandel.

Die Federasie van Diamantbeurse wat uit 28 beurse in 20 lande bestaan, het in April gevra dat hulle lede nie met diamante afkomstig uit die Marangeneerslag handel dryf nie.

Verteenwoordigers van die Kimberley Proses, 'n alliansie van industrie-, burgerlike en regeringsamptenare wat die handel in sogenaamde ' bloeddiamante' wil stuit, sal Sondag na Zimbabwe reis om vas te stel of die land die standaarde van die alliansie nastreef.

Mugabe se greep op ZANU-PF sal verslap indien die weermag se diamantinkomste afgesny word, en dit sal gevolge inhou vir die magsbalans in die land volgens HRW.

free football bet no deposit requiredпрокурор харьковской области

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.