Nog ‘n apartheidsdroom?

Deel op

Image

Mnr Christo Burger wat in Atlanta, Georgië, in die VSA woon, se Nuwelandplan wat hy tans met groot ywer onder Afrikaners bemark, verdien nadere ondersoek. Ek was teenwoordig by een van sy kleiner seminare en het dit baie moeilik gevind om die logika of waarde van sy Nuwelandprojek te verstaan of selfs net om daaraan vat te kry.

Deel op

Volgens sy plan wil hy 'n 200 hektaar meer langs die Oranjerivier bou wat ongeveer R200 miljoen sal kos. Die 'meer', gevoed deur water vanuit die Oranje, sal dan die aantrekkingskrag van 'n temadorp vorm wat huisvesting vir ongeveer 48 000 witmense sal bied.

Vir ekonomiese bedrywighede sal daarop gefokus word om duisende buitelandse besoekers daarheen te lok om die Suid-Afrikaanse son te geniet en om van hul kwale en vetsug genees te word. Daar sal van ekovriendelike energiebronne gebruik gemaak word en 'n Afrikaanse universiteit en skole opgerig word. Inderdaad, 'n volkstaat in die kleine. Belangstellendes kan aansluit by 'n organisasie wat die projek wil bedryf teen 'n maandelikse fooi van R50 per persoon. Indien 'n "kritiese" massa belangstellendes sou aansluit, wil hy duisende DVD's regoor die aardbol versprei om sy plan internasionaal te bemark.

Wat my pla, is dat hy geen konkrete inligting verskaf nie. Mens besef dat die projek tans nog op die droomstadium is en dat meer inligting gewoon net nie bestaan nie. Nogtans is hy in die mark om sy droom in kontant te toets. In kru mediese terme word dit in die bedryf as voortydige ejakulasie beskryf. Alle harde inligting soos uitlegplanne, argiteksketse, ingenieurs- en omgewingsimpakstudies ontbreek en breedvoerige Bybeltekse word aangewend om daarvoor te vergoed.

Ek is self 'n bewese projekontwikkelaar en wil graag die volgende aanbied om sy projek se gangbaarheid te toets:

  • Daar bestaan reeds twee reusagtige groot mensgemaakte mere, genaamd die Hendrik Verwoerd -en Vanderkloofdamme. Hulle is grootliks onbenut vanuit 'n eiendomsontwikkelingsoogpunt gesien. Die bestaande damme kan dus as basis dien. Al wat benodig word is om erwe daar te bemark.

  • Maar dan, wie gaan al die huise, hospitaal, universiteit en skole by sy nuwe meer bou? Om nie eens van die infrastruktuur soos riolering en watersuiwering te praat nie? As dit boukontrakteurs gaan wees, sal swart werkers dit waarskynlik doen.

  • Om 48,000 witmense te huisves sal ongeveer 16 000 middelslaghuise van 200 vk meter elk benodig word. Teen 'n realistiese 50 huise per jaar sal daar oor vyftig jaar slegs 2500 huise opgerig wees.

  • Die 50 witmenshuise per jaar en infrastruktuur daarvoor sal 'n arbeidsmag van ongeveer 1 000 werkers benodig, en hulle sal waarskynlik in 'n nuwe lokasie langs die dorp moet woon. 'n Ekonomiese aktiwiteit van so 'n omvang sal 'n verdere 3000 of meer swartes en afhanklikes na die aangrensende plakkerskamp aanlok.

  • Die swart kinders sal 'n skool benodig en hulle sal waarskynlik soos in Ermelo aan die nuwe wit skool toegelaat moet word om in Engels onderrig te ontvang.

Mens kan nog lank aangaan om meer praktiese oorwegings uit te wys, maar ek sal vireers volstaan met die stelling dat apartheid, met eie woongebiede, wat deur die polisie afgedwing was, 'n baie doeltreffende manier was om rasse te skei en om aparte woongebiede te verseker. Dit is reeds gedoen. 'n Nuwe poging sonder enige staatsmag sal moeilik toegepas kan word.

Vir Christo Burger se plan om te slaag, kon hy gewoon bestaande dorpies koop en met hoë mure omring. Die eienaars kan dan aangemoedig word om die ou huise met hul eie hande en die hulp van werklose jong Afrikaners te restoureer. Dit sal egter 'n probleem wees om die mense besig te hou as die huise klaar gerestoureer is.

Die onhaalbaarheid van geografiese skeiding in nuwe gebiede het my lankal laat besluit om liewer die begrip van 'n stadstaat soos Pretoria-Oos, Pretoria-Noord en Centurion te ondersteun wat dan as kultuurheimat vir Afrikaners van regoor die aardbol sou kon dien. Die mense is reeds daar, hulle is reeds in die meerderheid en moet as eerste stap slegs selfseggenskap oor eie sake verwerf.

выбрать сварочный генераторОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.