Ontsteltenis oor historikus se dood

Deel op

Image

David Rattray

Groot onsteltenis heers oor die moord op historikus David Rattray wat in veldslae tussen Engelse en Zoeloes gespesialiseer het. Hy is in sy veldhotel naby Rorke’s Drift doodgeskiet.

Deel op

Die ANC-sakeman, Saki Macozoma, het die moord beskryf as “’n voorbeeld van die tipe misdadigheid wat so algemeen in ons samelewing is”.

“Dis ‘n groot verlies. Hy het die waardigheid van die Zoeloevolk en hul geskiedenis herstel, en het mense vasgenael gehad met sy intieme kennis van die Anglo-Zoeloe-oorlog.”

Die Afrikanersakeman en voorsitter van die Switserse luukseartikelsgroep Richemont, mnr. Johan Rupert, het die moord as “sinneloos” bestempel.

Is dit die soort samelewing waarvoor duisende mense geveg en hul lewens opgeoffer het? Mense wat nie glo dat ons land ‘n krisis beleef weens geweldsmisdaad nie, moet in ‘n ontkenningstoestand verkeer.”

Hy het bygevoeg dat Suid-Afrika nie die soort land is waarin hy gehoop het om sy kinders groot te maak nie.

“Suid-Afrika het vir seker een van sy groot seuns verloor… hy het sy lewe aan die bevordering van Zoeloekultuur gewy,” het Rupert afgesluit.

 

насосы высокоголобановский харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.