Afleggingskema kom om werkers te help

Deel op
’n Konsepvoorstel vir ’n opleidingsafleggingskema kan volgende week bekend gemaak word, het president Jacob Zuma Woensdag gesê.

Zuma het gesê die wêreldwye resessie verg dat politieke partye en ander sektore saamwerk.

“Die resessie tref ons nou op volle krag,” het hy gesê.

Die kwartaallikse indiensnemingsopname van die formele sektor het gewys dat sowat 179 000 poste in die eerste kwartaal van 2009 besnoei is.

Die sektore wat die ergste gely het, was klein- en groothandel, finansies, vervaardiging, mynbou en konstruksie.

“Terwyl ons weet ons pogings nie alle gevolge van die krisis kan keer nie, het ons op verskeie maniere ingegryp, soos besluit in die raamwerkooreenkoms in reaksie tot die krisis,” het Zuma gesê.

“Die regering sal verder ingryp en ’n finale konsepvoorstel vir ’n opleidingsafleggingskema volgende week aan ons maatskaplike vennote wys,” het hy gesê.

Die doel van die skema was om ten minste ’n paar van die werkers in hul poste te hou en hulle op te lei in die verlangsamende tydperk.

Hulle sal relevante opleiding, voordele en ’n toelaag in plaas van hul lone, vir ’n tydperk ontvang, het Zuma gesê.

оборудование для диагностикиДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.