Apie urineer op president

Deel op
Onbewus van die soogdier in die takke bokant sy kop, het Zambiese president Rupiah Banda, die media Woensdag buite die Staatshuis toegespreek. Terwyl die president gepraat het, het die apie op die niksvermoedende leier geurineer.

"Jy het op my baadjie geurineer," het 'n verbaasde Banda aan die apie gesê. Die apie is een van vele wat hulleself in die bome van die Staathuis in Lusaka, waar die president se kantore is, tuisgemaak het.

"Ek gaan hierdie apie vir mnr Sata gee om te eet vir middagete," het hy gespot. Banda het Michael Sata, die opposisieleier, in verlede jaar se verkiesings verslaan.

Banda het baie tyd in sy tweede onderhoud in die amp van president afgestaan om Zambiërs moed in te praat oor die dramatiese ekonomiese afgang wat die land beleef. Zambië se belangrikste uitvoerproduk, naamlik koper, se prys het na benede getuimel.

"Ons groeivooruitsigte het gekrimp, soveel so dat die geskatte bruto nasionale produk nou afwaarts hersien is na 4% of minder. Hierdie afname het implikasies vir binnelandse inkomste omdat korporatiewe sowel as inkomstebelasting waarskynlik gaan afneem," het Banda gesê.

из психоневрологическогоtopcargo отзывы сотрудников

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.