Skoolonderrig stuur op ‘n ramp af

Deel op
Die Burger berig dat sowat agt uit elke tien leerders in gr. 3 en gr. 6 verlede jaar minder as 50% vir wiskunde en taalvaardighede behaal het. Die dagblad het ’n verslag bekom wat die prestasie van leerders in die nasionale eksamen ontleed.

Suid-Afrikaanse leerders is dus nie eens binne trefafstand van die nasionale onderwysdepartement se mikpunt om hulle teen 2011 'n gemiddeld 50% te laat behaal nie. Leerders in die ondersoek kan tans nie eens 'n eenvoudige teks met begrip lees nie.

Die verslag is gegrond op die uitslae van 1 000 gr. 3- en gr. 6- leerders verlede jaar. Die uitslae het gewys 35% van gr. 3’s landwyd kry net tussen 0% en 34% vir wiskunde en 37% kry tussen 0% en 34% vir geletterdheid.

Wat gr. 6-leerders betref is die uitslae nog slegter, met 54% van leerders wat tussen 0% en 34% vir wiskunde kry en 53% wat tussen 0% en 34% vir geletterheid ontvang. Die uitgebreide ondersoek het 7 000 skole betrek.

Nasionaal het 15% van gr. 3’s 70% of meer vir onderskeidelik wiskunde én geletterdheid behaal. ’n Skamele 6% van gr. 6- leerders het 70% of meer vir wiskunde behaal en 10% het 70% of meer vir tale behaal.

Dit blyk uit die ondersoek dat die aanwendig van tyd in taal problematies is, veral die toekomstige tyd. In wiskunde kon leerders nie eenvoudige optel- en aftreksomme bemeester by geldtransaksies nie. Breuke, desimale en persentasies, asook die afronding van getalle was ook te ingewikkeld vir die meeste.

social mediaАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.