Iran gee CIA skuld vir protes

Deel op

Die Iranse minister van binnelandse sake het die CIA daarvan beskuldig dat dié Amerikaanse spioenasieagentskap help om oproermakers te finansier.

“Baie van die oproermakers was in kontak met Amerika, die CIA en die MKO en word deur hul finansiële bronne gesteun,” het Sadeq Mahsouli gesê. Die MKO (Moedjahideen Khalq-organisasie) is ’n Iranse opposisiegroep wat in ballingskap is.

“Brittanje, Amerika en die Sionistiese regime (Israel) is agter die onlangse onrus in Teheran,” het hy aan die semi-amptelike nuusagentskap Fars gesê.

Fars het berig dat die polisie gister bevestig het dat 'n Iranse vrou Neda Agha-Soltan verlede week gedurende die betogings in Teheran doodgeskiet is en gesê dat nuwe leidrade oor  haar dood opgevolg word. Sy is per ongeluk in die agterkop geskiet.

Agha-Soltan se dood, wat op kamera vasgelê is en op die internet uitgesaai is, het haar ’n martelaar vir die protesbeweging gemaak.

Die verslane presidentskandidaat Mir Hossein Mousavi, wat deur sekere buitelandse moondhede voorgehou word as die eintlike wenner van die verkiesing,  het homself intussen gedistansieer van die betogers.

Hy het op sy amptelike webwerf aangekondig dat hy dit nie teenkanting ondersteun nie en dat die betogings nie deur hom georganiseer is nie.

Die aantal betogers in Teheran het sigbaar afgeneem.

Mohsen Rezaie, die konserwatiewe kandidaat wat derde gekom het in die afgelope verkiesing, het ook intussen sy besware teen die uitslag teruggetrek.

Hy het aan die IRNA-nuusagentskap gesê dit is sy verantwoordelikheid om die huidige gebeure onder beheer te bring

 

 

детские зимние комбинезоны для девочекАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.