W?reld word gryser

Deel op
Image

‘n Krisis wat kom?

Die wêreld se bevolking van mense wat ouer as 65 is gaan teen die middel van die eeu verdriedubbel na een uit elke ses mense en dit gaan regerings in ontwikkelde lande laat bars om hulle ouer mense te onderhou.

Die aantal senior burgers het alreeds met 23% vermeerder vanaf 2000 na 516 miljoen volgens die VSA se sensusberaminge wat Dinsdag vrygestel is. Dit is meer as dubbel die algemene bevolkingsgroei.

As die mees snelgroeiende ouderdomsgroep is seniors nou net onder 8% van die wêreld se 6,8 miljard mense. Maar demograwe waarsku dat die grootste verskuiwing nog voorlê. 'n Komende golf afgetredendes van die 'baby-boomers' en China se Rooi Wag-generasie gaan lande se pensioenfondse uitput en mediese sorg onbetaalbaar maak.

Die gryste burgers leef in Duitsland, Italië, Japan en Monaco waar meer as 20% van die bevolking 65 en ouer is. In die VSA is dit 13%.

"Die 2020's gaan vir die grootste deel van die ontwikkelde wêreld 'n era van fiskale krisis wees, stagnasie van ekonomiese groei en lelike politieke gevegte oor besnoeiings in ouderdomstoelae,"sê Richard Jackson, direkteur van Global Aging Initiative in Washington, wat deel vorm van die Center for Strategic and International Studies.

Hy sê ontluikende lande soos China gaan 'n werklike ouderdomskrisis beleef. Die huidige verhouding is 16 oumense vir elke 100 werkers, maar dit gaan teen 2025 verdubbel en dan weer verdubbel teen 2050 na 61 oumense vir elke 100 werkers vanweë die Chinese se gesinsbeplanningsbeleid van een kind per egpaar.

Sonder 'n pensioenstelsel gaan miljoene ouer Chinese in armoede verval wat skokgolwe deur die wêreld kan stuur namate dit sosiale en politieke onrus meebring omdat China so 'n belangrike ekonomie is.

Net 5% van Afrika se bevolking gaan teen 2050 ouer as 65 wees en suider-Afrika is die tuiste van die wêreld se jongste bevolking. In Oeganda is die gemiddelde ouderdom slegs 15 jaar.

In Europa sal 29% van die bevolking teen 2050 ouer as 65 wees en in Oostenryk en Rusland het owerhede stappe geneem om kinderlose egpare aan te moedig dmv uitbetalings, gratis skoolboeke en belastingtoegewings om kinders te kry.

In Suid-Amerika sal 18% van die bevolking teen 2050 senior burgers wees vanweë 'n afplatting in geboortes in Meksiko en Brasilië. Kuba het onlangs hulle aftreeouderdom met vyf jaar verleng, om pensioenuitbetalings uit te stel.

Die VSA se sensusburo se navorsing is onafhanklik van die VN se agentskap se navorsing wat demografie en bevolkingsgroei betref.

как сделать декоративный камин в квартиреАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.