Moenie die Vrymesselaars vergeet nie

Deel op

Dan Roodt se artikel oor Godsdiens en politiek – 'n Afrikanerdilemma is geweldig interessant. In 'n groot mate stem ek met die inhoud saam.

Deel op

Die Franse Hugenote was Calviniste wat vir 100 jaar bloedig vervolg is en toe gevlug het. Die Franse revolusie het  in wese gegaan oor die boosaardige konsep van ‘n Staatskerk [Rooms in daardie tyd] wat vir die hervormers totaal onaanvaarbaar was.

Maar mens kan die prentjie van die godsdiensgeskiedenis alleenlik voltooi deur die sentrale rol van die Vrymesselary in ag te neem. Hier, net soos tydens die Amerikaanse vryheidstryd, het hierdie Baälgodsdiens die kern gevorm van ons politieke denke soos wat Midnight Call Ministries so treffend verlede jaar gepubliseer het. Daar is selfs beweringe dat Adam Tas ‘n Vrymesselaar was en die rede vir WA van der Stel se moeilikheid!

Piet Retief was Grootmeester van losie nr. 2 in Port Elizabeth en omtrent al die Voortrekkerleiers ook broeders. Behalwe Piet Uys, meen ek. Hulle is ook onder sensuur geplaas deur die Kaapse Kerk.Dit was egter verbode om die Vrymesselaars te verlaat, soos wat Retief wel gedoen het.

Die moord op Retief is aangehits deur die die Losies wat toe alreeds in Durban bestaan het, word gesaghebbend beweer. Maar die asemrowende verskil in vergelyking met die VSA se geskiedenis is dat ons Vrymesselaars skouspelagtig tot bekering gekom tot die Drieënige God met die Gelofte van Sarel Cilliers. Al die presidente van die Transvaal was Vrymesselaars behalwe Paul Kruger. Dis net eenvoudig onmoontlik om polities internasionaal die mas op te kom as jy nie in die broederskap opgeneem is nie.
 
Verwoerd was nie, maar sy eerste sluitmoordenaar was Pratt die Vrymesselaar. Die finale moord op Verwoerd het op ‘n rituele vrymesselaarsmanier geskied. Verwoerd het sy teologiese studies gestaak oor sy probleme met Calvyn se uitverkiesingsleer –  seker omdat hy uit ‘n sendinghuis uit gekom het, sou ek my kon verbeel.

Die koloniale regering het Skotse Presbiteriaanse dominees (ook maar Skotse broeders!) ingevoer om die boere te verengels (Murray, Stegman, Thom, ens. – wat ironies genoeg ‘beter’ Boere geword het as die Hollanders self! Polities gesproke.)

Terloops, die Skotse vryheidstryd was ook teen hierdie geheime broederskap! Soos in die fliek Brave Heart.

In die dekade van 1850 tot 1860 het daar 4 geweldige belangrike verbandhoudende geskiedkundige dinge gebeur. Die Amerikaanse burgeroorlog, die stigting van die 2 NG-Sendinkerke: Swart en kleurling, asook die twee Afrikaanse kerke: Hervormers en die Gereformeerdes. Die Amerikaanse oorlog het gegaan oor die vrylating van die slawe wat hier by ons al in 1815 gebeur het maar tot gevolg gehad het dat die Vrygelates ook kerkloos geword het, net soos wat met die blanke boere gebeur het. Eerwaarde Lindley, 'n Presbiteriaan, het op een slag honderde Voortrekkers getrou en gedoop.
Die vrygelate slawe het noordweswaarts getrek sodat dit die ortodokse Calvinistiese godsdiens van die Rehoboth-Basters verklaar.

Namibië is tans die enigste uitgesproke Christelike staat in Afrika! Die wit boere het 20 jaar later Noord-ooswaarts getrek.

Ek is nie self ‘n Vrymesselaar nie en wil niks daarmee te doen hê nie – hoewel ek hoogste agting en respek vir die vooraanstaande mense het maar hulle so bejammer omdat hulle so soekende is. Soekers wat nooit vind! Hulle kyk goed na my en is noulettend op naastediens wat die meeste Christene beskaam. Maar ek het die bekering van ‘n paar van die goeie mense beleef wat ek u kan verseker ‘n uiters ernstig en diepgaande emosionele skouspel is. Om die bevryding van die mense te sien en hoedat hulle dit beleef, is asemrowend. Dis hulle wat sommer op die hoeke van die strate hul getuienis van verlossing en vergifnis in Jesus se naam preek!
 
Maar soos Roodt dit gestel het in sy artikel stem ek volkome saam sonder om perspektief te verloor van waar om die regte antwoorde en regte oplossings te soek naamlik op die regte plekke en nie goeie vriende weg te stoot nie maar eerder hoop te gee. Daarom is ek oortuig dat Calvyn vir die Afrikaner die enigste geestelike tuiste bied. Dis ook die enigste antwoord teen die Israelvisiedwaling wat niks ander as New Age-selfaanbidding is nie.

 

Deur die Here se genade alleen.

новогодний костюм ёлочкиtopcargo кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.