Angola martel separatiste s? HRW

Deel op
Angola se weermag het vermeende separatiste in die olieryke Kabinda gemartel volgens die menseregteorganisasie Human Rights Watch se verslag wat Maandag vrygestel is. Hulle het die regering dringend versoek om onwettige arrestasies van beweerde rebelle te staak.

Ten minste 38 mense is sonder rede deur die weermag tussen September 2007 en Maart 2009 in die klein gebied gearresteer waarvandaan meer as die helfte van Angola se olie kom. Die meeste van hulle is in die geheim aangehou en gemartel en het geen toegang tot regshulp of besoekers gehad nie.

Georgette Gagnon, Afrikadirekteur van Human Rights Watch sê Angola se sekuriteitsoorwegings regverdig nie marteling van mense en om hulle mees basiese regte te ontken nie. Sy het gesê die Angolese weermag begaan ernstige misdrywe in Kabinda.

Die organisasie se bevindinge is op onderhoude met gevangenes sowel as hofrekords gebaseer. HRW het die Angolese regering gevra om alle klagtes teen verdagtes te laat vaar wat dmv marteling verkry is en geëis dat alle verhore volgens internasionale standaarde geskied.

Angola het in 2006 'n vredesooreenkoms met die separatistiese faksie in Kabinda gesluit, maar sporadiese aanvalle kom steeds voor.

Kabinda was 'n Portugese protektoraat wat deur Angola geannekseer is met onafhanklikheidwording in 1975. Die stukkie aarde lê tussen die Kongo en die DRK en die inwoners voel kultureel nader aan hulle Kongolese bure.

Kabinda se mense voel die miljarde dollars aan olierykdom wat hulle grondgebied oplewer, bereik hulle nie.

инструмент минскАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.