‘Boerka is teken van onderdrukking’

Deel op
President Nicolas Sarkozy van Frankryk het gister gesê boerkas, kledingstukke wat Moslem-vroue van kop tot tone bedek en hul gesigte verdoesel, het geen plek in dié land nie.

Hy het gesê dié kledingstukke is ’n teken van die onderdrukking van vroue.

Tydens ’n parlementêre toespraak het Sarkozy ’n inisiatief wat LP’s verlede week begin het gesteun ná hul kommer oor die toenemende gebruik van boerkas in Frankryk uitgespreek het.

“Die boerkakwessie is nie godsdienstig nie, dit is ’n kwessie van vryheid en die waardigheid van vroue,” het Sarkozy aan ’n gesamentlike sitting van die parlement se twee huise by die Versaillespaleis gesê.

“Die boerka is ’n teken van die onderwerping van vroue. Dit is nie welkom in ons land nie,” het hy onder luide applous gesê.

агрегат сварочный передвижнойлобановский александр дети

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.